advertisement
Question
Posted by: Cindy | 2009/01/05

Aansteeklikheid van HIV: dringend

Ons was gister by ' n familiebyeenkoms en my ma se bediende het my baba vir ' n kort rukkie vasgehou. Tot my groot onsteltenis byt die bediende toe ' n stukkie appel af, haal dit uit haar mond uit en druk dit in my baba se mond. My baba is 10 maande oud. Die baba het dit opgeeet, voordat ek dit kon gaan uithaal. Ons vermoed die bediende het HIV aangesien van haar familielede daarvan oorlede is en sy ook die simptome toon naamlik gewigsverlies en aanmekaar siek met hoes en verkoue.
Ek is geweldig bekommerd dat my baba HIV of TB by die bediende kon aansteek. Enige raad of kommentaar sal hoog op prys gestel word.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Cindy
Eerstens word HIV feitlik nooit deur spoeg aangesteek nie, maar TB kan wel so oorgedra word. Gelukkig word ons kinders almal by geboorte ingeent met BCG - verpligtend in die hospitaal. Vir jou eie gemoedsrus dink ek tog jy moet jou baba oor so 3 maande laat toets (PCR TB en HIV) maar ek dink die risiko is baie laag.
Sien http://www.cdc.gov/hiv/resources/factsheets/transmission.htm
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Willem | 2009/01/05

Hi Cindy,

Ek het dieselfde bekommernis! Ons het die wonderlikste bediende en ' n maand terug gehoor sy is HIV posetief...sy het ons eerste baba so te sê  heeltemal groot gemaak (die is nou 3). Ons huisdokter het gesê  on hoef nie te bekommerd te wees nie, want die HIV virus is redelik pieperig en die kans dat dit deur speeksel oorgedra kan word is bitter klein...bloed en seks is die hoë  risiko goeters. Die probleem is glo hierdie ander siektes wat daarmee gepaard gaan soos TB ens.
My vrou verwag nou weer en ons is in twee geskeer om te besluit of ons hierdie baba weer moet laat grootmaak deur die bediende... (ek en my vrou is altwee vroeg dertigs)
Sy word tans behandel vir TB en hoe lief ons ook al vir haar is, kan ons nie help om maar heeltyd te wonder wat die regte ding is om te doen nie? Ons sal haar definitief nie net sommer weggooi en vergeet van haar nie, want sy het regtig al baie diep spore in ons lewe getrap.

So ja, ek soek ook hulp...?!

Reply to Willem

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement