advertisement
Question
Posted by: Mike | 2011/03/14

aanraak

Help! Ek is raad op. My vrou hou nie daarvan dat ek aan haar vat op n sexuele manier nie wat moet ek doen.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageSexologist

Dit is belangrik dat ons moet verstaan wat jy doen en wat dit vir haar beteken.Was dit nog altyd so, of het dit so geword... na hoe lank.... of wat het gebeur...? Daar is baie faktore wat op hierdie goed inwerk. Verhoudings, waardes en norme in kleintyd, selfs seksuele molestering of negatiewe seksuele ervarings, siekte, depressie...Dit is beter om professionele hulp te kry. Jy kan egter die volgende probeer:
1. Waarvan hou sy en hoe kan jy dit meer dikwels doen?
2. Hoe doen jy dit? - onthou jou gretigheid mag dalk vir haar meer na 'gryp en knyp' voel as streel en verlei...
3. Hoe is jul verhouding? As daar baie konflik is of baie stres, gaan sy dalk minder van vatterigheid hou.
4. Het julle kinders en help jy met die kinders en/of ander huishoudelike take sodat sy darem kan 'afdraai na ontspanning' voor bedtyd?
5. Sosiale gewoontes soos alkohol gebruik en rook kan 'n vrou bietjie 'afsit'.
As bogenoemde nie werk nie kontak SASHA hulplyn – 0860 100 262. Deidre - SASHA

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

5
Our users say:
Posted by: me | 2011/03/22

Chris, jy moet asb nie agv die kinders bly nie. Hulle kan aanvoel jy is ongelukkig en sal die blaam op hulself plaas. Ek is dieselfde boot as jy behalwe ek is ''n vrou en ek is die een wat nie meer intiem wil wees nie. maar ek kan nie met die pa van my kind meer wees nie. Hy respekteer my nie, behandel my nie goed nie en die seks is sleg en seer. Dis ''n plig en ek voel bitter. Daar is baie redes hoekom ek nie meer intiem wil wees nie, daar is 9 uit 10 keer redes hoekom die vrou nie meer intiem wil wees nie. ek se nie dis so met jou verhouding nie. maar ''n vrou moet emosioneel vervul wees - ons is nie seksueel net omdat ons ''n fisiese " need"  het nie. Die emosionele " need"  moet eerse vervul word en indien die man nie TE selfsugtig in die bed is nie, sal sy hom alles gee wat sy hart begeer. Ek sou, as my man maar net geweet het. En ja, ek probeer met hom praat maar hy stel nie belang nie. Ek dink hys bang sy ego word seer gemaak. Dalk maak hy net asof hy nie weet nie. The love has gone gone gone maar ek moet steeds perform. Nee, ek is klaar daarmee.

Reply to me
Posted by: Chris 758 | 2011/03/16

Ek weet presies hoe jy voel want my vrou het dieselfde uitkyk as jou vrou oor seks. Ek wens net ek en jy kon uitvind waar dit vandaan kom. My vrou het ''n verhouding gehad en tog het ons nog probeer om dinge reg te stel, haar vergewe ens maar sowat 18 maande terug net gestop om seks te hê . Nie dat ons so baie gehad het nie maar nou is daar niks.

Gelukkig het julle nie kinders nie want al hoekom ek nog in hierdie sotlike huwelik is, sagv die kinders!! Hulle het nog ''n entjie om te gaan in die lewe en ek voel hulle moet gelukkig wees, daaro sal ek die ongeluk verduur!

Reply to Chris 758
Posted by: Mike | 2011/03/15

Die eerste jaar van ons huwelik was ok. Daarna het die probleem begin. Nee het nie ander verhouding gehad nie. Ons is nou al 11 jaar getroud en dit raak net erger. Sy het self gese dat as dit van haar afhang dan sal sy nooit omgang he nie. Geen kinders nie en ek help met die huis skoon maak en ek doen die kookwerk want sy hou nie daarvan nie. Doen dit nog op die ou manier.

Reply to Mike
Posted by: sexologist | 2011/03/15

Dit is belangrik dat ons moet verstaan wat jy doen en wat dit vir haar beteken.Was dit nog altyd so, of het dit so geword... na hoe lank.... of wat het gebeur...? Daar is baie faktore wat op hierdie goed inwerk. Verhoudings, waardes en norme in kleintyd, selfs seksuele molestering of negatiewe seksuele ervarings, siekte, depressie...Dit is beter om professionele hulp te kry. Jy kan egter die volgende probeer:
1. Waarvan hou sy en hoe kan jy dit meer dikwels doen?
2. Hoe doen jy dit? - onthou jou gretigheid mag dalk vir haar meer na 'gryp en knyp' voel as streel en verlei...
3. Hoe is jul verhouding? As daar baie konflik is of baie stres, gaan sy dalk minder van vatterigheid hou.
4. Het julle kinders en help jy met die kinders en/of ander huishoudelike take sodat sy darem kan 'afdraai na ontspanning' voor bedtyd?
5. Sosiale gewoontes soos alkohol gebruik en rook kan 'n vrou bietjie 'afsit'.
As bogenoemde nie werk nie kontak SASHA hulplyn – 0860 100 262. Deidre - SASHA

Reply to sexologist
Posted by: Chris758 | 2011/03/14

Hoe lank gaan dit al so aan? Het jy rondgeslaap of het sy nie dalk ''n ander man gekry wat haar seksueel uithelp nie? Dis die algemene vraag waarvoor jy antwoorde moet kry.

Dis sleg as dit so gaan. Hoe lank is julle getroud?

Reply to Chris758

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement