advertisement
Question
Posted by: Pam | 2010/11/08

aanhoudende hoes

Hi Doc, ek is soos hulle in engels sê  " at my wits end" . Ek het ''n aanhoudende hoes al vir amper 3 jaar. Dis ''n droë  hoes, amper soos ''n irretasie in my keel en hy lugpyp. Ek was by ''n internis wat ''n longfunksie toets, bloedtoetse en ''n scan van my longe gedoen het, alles was normaal. Hy het my verwys na ''n Gastroloog wat ''n gastroskopie gedoen het - dit was in Augustus. Hy het bevind dat dit reflux is en my op Omez gesit - ''n sterk dosis - 40 mg 2 x per dag. Ek hoes nog steed!!! Ek het ook nou al Deselex begin gebruik om te kyk of dit help. Op die oomblik gebruik ek altwee saam, geen verskil!

Wat kan dit nog wees? Allergie? Moet ek probeer suiwel uitskakel? Ek het al probeer kyk of die gehoes begin nadat ek suiwel gebruik het, maar dit maak nie ''n verskil wat ek eet of drink nie! Ek het soms seer ook, weet nie presies waar nie, maar iewers op my bors of maag - ''n snaakse branderige pyn.

Wat stel jy voor doc?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Pam
Die algemeenste oorsake van 'n chroniese hoes is asma, allergiee, long siektes/tumore, medisyne (sekere bloeddruk medikasie).Dit klink of asma en longsiektes uitgeskakel is. Jy kan dalk 'n 24 uur ph toets van die slukderm laat doen om te kyk of jy nog suur reflux het ten spyte van die Omez -dan is 'n operasie dalk nodig om die maagkleppie stywer te maak (gastroenteroloog sal dit moet doen), en vra jou huisdokter om 'n allergie bloedtoets vir algemene goed soos suiwel ens te doen. Sien ook http://www.medicinenet.com/chronic_cough/article.htm
dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Cyberdoc | 2010/11/08

Hallo Pam
Die algemeenste oorsake van 'n chroniese hoes is asma, allergiee, long siektes/tumore, medisyne (sekere bloeddruk medikasie).Dit klink of asma en longsiektes uitgeskakel is. Jy kan dalk 'n 24 uur ph toets van die slukderm laat doen om te kyk of jy nog suur reflux het ten spyte van die Omez -dan is 'n operasie dalk nodig om die maagkleppie stywer te maak (gastroenteroloog sal dit moet doen), en vra jou huisdokter om 'n allergie bloedtoets vir algemene goed soos suiwel ens te doen. Sien ook http://www.medicinenet.com/chronic_cough/article.htm
dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement