advertisement
Question
Posted by: JP | 2009/01/16

Aangerand deur stiefdogter

Middag Dok.
My 21 jarige stiefdogter bly by my terwyl haar pa in ' n ander plek werk. Ons het ' n goeie verhouding gehad tot verlede jaar. Alles het net verkeerd gegaan. Tot nou toe kan ek nie vir jou sê  wat dit veroorsaak het. Ek het nog altyd my bes gedoen om dinge tussen ons reg te stel maar niks het gehelp. Eergister het ons twee ' n groot uitval gehad en sy het my begin slaan terwyl ek my 5 maande oue baba in my arms gehou het. Ek moes net keer dat sy hom nie seer maak. Ongelukkig het hy ' n krapmerk opgedoen. Lê  ek ' n klaag van aanranding teen haar hoe beinvloed dit my huwelik met haar pa. Ek en hy is regtig baie lief vir mekaar en is gelukkig getroud. Ons het twee wonderlike kinders saam. Haar ma wat in dieselfe dorp as ons bly sien nie kans vir haar. My dilema is sy bly nog steeds in die huis omdat sy nie ' n plek het om te bly. Sy werk ook nie want sy studeer nog. Ek moet net noem ek is een van daai mense wat te sag is en toe laat dat mense oor my loop. Ek kan haar ignoreer en maak of sy nie bestaan maar dit is ook moeilik. Ek weet baie sal sê  sit haar uit maar waarheen gaan sy. Wat ek wil weet hoe verwerk ek dit wat gebeur het. Hoe hanteer ek haar. Wat maak ek as die situasie weer opduik? My man het gevra om haar toe te laat om daar te bly. Ek is so verward en hartseer oor dit wat gebeur het. Ongelukkig kan ek nie by my man aansluit en daar werk nie. Hoop hy kry ' n pos by die huis. Sal graag van u wil hoor.
Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

Hi JP,
You could lay a charge of assault against her, at least so she realizes she is just not allowed to assault people, let alone someone carrying a child. And you could withdraw the charges later on. I can't guess how this would influence your relationship with her father, as that depends on you, him, her, and whether he realizes how violent she can be. If he really does love you, he ought to understand that this was intolerable misbehaviour on her part. Why can't she get a place of her own rather than being dependent on you ? Its not your fault that she doesn't have somewhere else to stay --- she should have been looking for a place for herself. Its OK for you to be helpful, but don't take on responsibilities which ought to be hers.
And communicate with your man, her father, making it clear how difficult she is, and how she assaulted you and hurt the child, and ask him what to do about it, and how to protect yourself and the children from her violence.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Toni | 2009/01/16

Ai JP.

Wat n onaangename erfaring!!! Ek hoop jou arme baba is ok. Jy weet ek sou daai baba net daar neergesit het en agter die klein merrie aangehardloop het en haar vasgedruk het en die grootste pakslae van haar lewe gegee het. Hoe durf sy haar hande vir jou lug. Watse respek het sy? Jy het genoem dat jy n sagte mense is en toelaat dat mense oor jou loop. Ek verstaan heeltemal hoe jy voel, ek is net so. Vandag sit ek met groot probleme and ongerief asgevolg van my saggeaardheid, maar as dit kom by n kind wat geen respek vir ouer mense het nie, veral haar of sy ouers of voogde, dan kan ek myself vinnig regruk. Jy sal regtigwaar jou stem moet beginne dik maak met hierdie klein snip. Ek hoop regtig jy het haar pa hiervan ingelig en ek hoop dat julle twee saam besig is om te besluit watter ' stappe'  om teen haar te neem, want stappe moet daar beslis geneem word. Sy kan NIE hiermee wegkom nie.

Hoekom is jy bekommerd waar sy gaan bly? Ons almal lewe onder dieselfde reel...elke aksie het n reaksie en vir alles wat ons doen is daar gevolge. Goed of sleg. Hoekom is sy so spesiaal dat dit nie vir haar ook geld nie. Sy moet leer dat met so n houdingjie gaan sy sleg tweede kom. Sy is 21 jaar oud en gebruik haar studies as n verskoning om nie te swot nie. Loop sy klasse, is sy voltyds op universiteit. Indien nie, kan sy gerus haar gat lig en gaan werk. In die aande kan sy kom swot.

Om haar te gaan aankla is natuurlik die regte ding om te doen, want dit is aanranding, maar as jy nie so ver wil gaan nie, maak haar sit, met jou man teenwoordig en se vir haar sy het n groot fout gemaak om haar hande vir jou te lig en so te kere te gaan dat jou baba, vir wie jy beskerm het, tog maar seer gekry het. As jy en jou man regtig so n goeie verhouding het soos jy genoem het glo ek hy sal jou punt insien en saam met jou doen wat reg is. Se vir haar sy het keuses in die lewe, maar vir alles is daar gevolge. Verduideklik vir haar presies wat sal gebeur as sy nie haar houdig verander of as sy dit weer doen nie. Se vir haar wat die gevolge gaan wees en hou daarby. Sy moet sien dat jy ernstig is en doen wat jy se jy gaan doen as sy sekere goed doen of nie doen nie. Dis al manier hoe sy jou ernstig sal opneem en respek vir jou sal kry. Sy skuld jou n verskoning en sy kan dit sommer voor haar pa doen en dan sommer haar houding verander en haarself regruk.

Moenie sag wees met so kind nie. Sy moet aan die bek geruk word en reggesien word anders kan sy maar gaan.

Alle sterkte vir jou en ek hoop regtig dat julle in een stuk hierdeur kom.

Reply to Toni

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement