advertisement
Question
Posted by: unhappy | 2009-02-17

Aandag Maria

Baie dankie vir jou raad en ondersteuning gister met my brief. Ek het vir my man ' n lang brief geskryf en my penarie verduidelik en hom gesmeek dat hy ' n plan moet maak en my moet help. Ek sal maar vannaand sien. Ek gaan die naweek my kind se kamer inrig dat hy lekker kan speel en daar (hopelik) aan die slaap sal raak. Die ding is net hy breek als!! En eet boeke op. So waarmee kan ek hom besig hou. Ek vrees ook omdat ek in ' n dubbel verdieping bly vir die vensters. Help nie ek vra my man vir diefwering nie... Ai ek hoop die dinge gaan nou begin uitwerk.
Nogmaals dankie vir jou raad.
Lekker daggie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

Well done --- sounds like progress. Maybe seek some less tasty books and more unbreakable toys ? If you're woried about windows on an upper floor, IO think one can get small screws fitted, removable only with a special little tool, which can prevent them from being openend

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Maria | 2009-02-18

Aan nog iets gedink... maak seker jy berei hom voor vir die verandering. Praat ' n paar dae lank daaroor voordat jy dit implementeer. Besef dat jy dalk vir ' n paar dae of weke (as jy ongelukkig is) gereeld gaan moet opstaan om hom terug te sit in sy bed. Byt vas. Moenie opgee na ' n paar dae as dit rof gaan nie.

Kyk in die biblioteek of boekwinkel vir boeke oor kinderopvoeding. Ek hou van dr Kevin Leman se boeke. Jy kan ook hier kyk: www dot inspiredparenting dot co dot za . Onthou almal het hul eie opinies, vat wat vir jou sin maak en ignoreer die res.

Kyk rond vir ouerskap kursusse of praatjies deur sielkundiges of arbeidsterapeute in jou area. Mens kan baie leer so en dit sal goed wees vir jou man om ook te gaan.

Reply to Maria
Posted by: Maria | 2009-02-18

Dis ' n goeie begin! Jy kan miskien jou seuntjie winkel toe vat en beddegoed van sy keuse of ' n nagliggie koop. Jy kry nagliggies wat feitlik onbreekbaar is en wat verskillend kleure en patrone lig uitstraal.

Ek speel vir my dogter strelende musiek in die aand as sy gaan slaap. Dit help haar om aan die slaap te raak want dis deel van die roetine. Hang iets van die plafon af waarna hy kan kyk as hy in die bed lê . Die ideaal sal wees om vir hom te leer as hy in die bed is en jy het nag gesê  mag hy nie weer opstaan nie. Dit is ' n onaangename en raserige besigheid om hom daaraan gewoond te maak maar in die langtermyn beter vir almal.

Probeer om ' n uur of wat voor slaaptyd so rustig as moontlik te hou. Geen tv, rowwe speletjies of harde musiek nie. Kry ' n vaste roetine en hou daarby, bv. aandete, bad, tande borsel, storie, slaaptyd.

Kyk bietjie na sy dieet ook. Kry hy baie suiker, kleurstowwe of preserveermiddels in? Dit kan sy gedrag beinvloed.

Sterkte!

Reply to Maria

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement