advertisement
Question
Posted by: Grandma | 2009/04/08

Aand kopseer

Hi
Ek wil net vra ek het eweskielik begin kopseer kry veral in die aande voordat ek bed toe gaan? Ek was in die hospitaal gewees vir brongelitis einde Feb en begin Maart en vandat uit die hospitaal is het die kopseer begin? En ek is nie ' n kopseer probleem mense nie, maar moet my nie verkeerd verstaan nie as ek ' n kopseer gekry het was hy erg. Anders as dit het ek ook nie gereeld kopseer gekry nie miskien een in twee tot drie weke of tot ' n maand met geen kopseer, dit is nou net vandat ek uit die hospitaal uit is en dit kom parteikeer deur die dag ook en dan kry ek hom dadelik erg.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageHeadache expert

Beste Grandma,

As jy elke paar weke of selfs eenmal ‘n maand kopseer kry, dan het jy beslis ‘n kopseer prbleem. ‘n Mens is veronderstel om nooit kopseer te kry nie. Al wat nou gebeur het is dat die kopseer vir een of ander rede meer gereeld is.

Dit is belangrik dat u ‘n mediese ondersoek laat doen, insluitend n neurologiese ondersoek, om seker te maak dat daar nie n ernstige oorsaak is vir die pyn. Gelukkig, in die groot meerderheid hoofpynleiers is dit nie die geval nie. As daar vasgestel is dat daar nie n ernstige problem is nie, dan is dit nodig om te diagnoseer waarvandaan kom die pyn. Om dit te doen is die beste benadering n “multidisiplinere” een. Daar is so veel verskillende strukture in die kop, dat nie een tiepe dokter al die kennis het – n oogaarts sal net na die oe kyk, n tandaarts na die tande, ens. Daarom is dit nodig om die kennis te gebruik van verskeie dokters, en sodoende al die bydraende faktore te identifiseer.

Hoofpynlyers het dikwels ‘n slegte Lewenskwaliteit, as gevolg van die konstante pyn en verwante simptome. Vir ‘n gratis evaluasie van U Lewenskwaliteit, gaan na http://www.headacheclinic.co.za/

Die inligting is verskaf deur die multidisiplinere span van The Headache Clinic in samewerking met The International Headache Society en die Suid Afrikaanse Institut vir Hoofpyn en Migraine. Om die spesialiste te raadpleeg, bel asseblief 0861 678 911 (Johannesburg, Kaapstad, Durban).

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement