advertisement
Question
Posted by: | 2017/08/16

Steek/skietpyn in linkerlies-area.

Goeiemore dokter. Ek het gister sulke skielike steek/skietende pyne in my lies area links gekry., wat maak dat ek moes afbuk en die area vasdruk met vingers tot die pyn weg is. Nie seer as ek stil sit by lessenaar en werk nie, maar as ek maar uit my kar klim of my lyf skielik kant toe draai of so. Was nie 'n konstante pyn nie. Kan se dit is waar my histerektomie sny aan die linkerkant begin. Het deur die dag erger geword en ek was naderhand maar baie versigtig hoe ek beweeg en het probeer om nie skielike bewegings te maak nie. Vanoggend het ek nou nog nie weer so 'n pyn gehad nie en loop normaal. Moet ek eerder dokter toe gaan of wag en kyk of dit weer gebeur? Ek het in 2014 'n histerektomie gehad en weet nie of dit dalk verband hou met waar sny vasgewerk is nie? Wat kan dit anders wees? Ek is 42 en het nog beide my eierstokke

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc
- 2017/08/18

Hi

Dit is baie moontlik dat dit n breuk kan wees in die area van die operasie (dit gebeur wanneer daar n swak plek in die bindweefsel is daar dan n deel van die derms vasgeknyp word in hierdie "breuk"). Dit kan gevaarlik wees as die derms vasgeknyp word en dan nie weer kan loskom nie, so ek stel voor dat jy eerder dokter toe gaan, die dokter kan n sonar doen van die area waar jy die pyn ervaar het en dit kan vir ons n aanduiding gee wat aangaan. Terselfdertyd sal hulle ook kan kyk of beide ovaria nog okay is. Groete en ek hoop jy voel gou beter. 

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement