advertisement
Question
Posted by: Ans Rossouw - ansross2303@gmail.com | 2017/12/12

My pa gaan drasties agteruit

Goei Middag kan iemand my net help asb. My pa het die een oomblik nog self opgestaan en geloop (hy loop kruppel met kierie) self aangetrek self geëet alhoewel moeilik want hy het 'n seer skouer, wat hy nie wou laat opereer nie. Pynstillers help nie meer nie meer nie. Hy was opgeneem en 'n breinscan is gedoen en daar is bevind dat aartjies konstant 'breek'. Hy het verlede jaar 'n beroerte gehad. Hy is op bloeddruk medikasie, op meds vir hallesinasies en die prostaat wat heeltemal vergroot is. Hy is ook 90% blind. Dis nou al 'n geruime tyd dat hy en my ma feitlik 80% van die dag op die bed deurbring, hy sê hy slaap nie, maar as ek daar kom slaap hy wel, aan die snork geluide afgelei. Dis nou 3 weke wat hy net een oggend nie self meer kan opstaan, of aantrek of loop of eet nie. Hy is aggressief as ek met hom praat en aanpor om dinge self te doen, hy sê net sy arm is seer. Die lêery het al hoe meer geword, in so 'n mate dat hul somtyds eers in die middag opstaan en o ja hy het soos in geen eetlus nie, hy eet nou glad nie meer vleis nie, hy weier om sy linkerhand te "leer" om self te eet byvoorbeeld. Hy gaan drasties agteruit, het vreeslik gewig verloor, en selfs as hul in die sitkamer sit - dan slaap hy die heel tyd. EK is siek van kommer en voel magteloos oor hy nie wil saamwerk en wil probeer gesond word nie. Sy medies is al uitgeput vir die jaar. Hy is 82 jaar oud. Is daar 'n moontlikheid dat hy "mini" beroertes kry en dat dit die oorsaak is van die agteruitgang. Wat kan ek doen, wat moet ek maak? Asseblief ek het hulp en raad nodig. Baie dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageHypertension expert
- 2017/12/14

Hierdie is `n tipiese situasie omdat ons bevolking al ouer word. Sy medies is uitgeput, wat beteken hy is al deur verskeie dokters hierdie jaar geevalueer. Maar jul huisarts, wat jul vertrou, sal moet probeer alles bymekaar sit en kyk of hy na `n plek van versorging moet gaan, alternatiewelik `n voltydse verpleegster wat na hom (hulle) omsien. Want ongeag die oorsaak gaan hierdie `n versorgingsprobleem word. `n Neuroloog mot ook iewers ingepas word, om te kyk of hier `n multi-infarkdemensie teenwoordig is. (Dit is die mini-beroertes wat jy noem.) Dit word mbv brein scan gediagnoseer. Sterkte.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement