advertisement
Question
Posted by: Anoniem | 2015/06/12

Maagseer, Mantelvliesbreuk

Wat is die oorsake van 'n mantelvlies breuk en wat is die oorsake van 'n maagseer?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc
- 2015/06/15

Hi

n Mantelvliesbreuk gebeur wanneer n deel van die maag deur die diafragma (mantelvlies) glip en dan vasgeknyp word. Dit veroorsaak dan dat die klep wat die maaginhoud van die slukderm af skei nie meer werk nie en dat die maagsuur dan kan terugstoot in die slukderm. Dit kan veroorsaak word deur swaar goed op te tel of gereeld oefening te doen wat die intra abdominale druk verhoog. Dit kan ook veroorsaak word deur n natuurlike of aangebore swak plek in die diafragma.

n Maagseer se oorsake sluit in alcohol, rook, gereelde gebruik van anti-inflammatoriese medikasie, stress asook infeksie deur Helicobacter pylori (n bakterie wat die maagwand aantas).

Groete en ek hoop dit help.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement