advertisement
Question
Posted by: KSTANDER | 2017/08/17

Is my siklus normaal?

Wil graag weet of my maandelikse siklus normaal is as dit so is.. Elke maand wanneer dit daai tyd is dan begin ek al die week voor die tyd te voel dis op pad. Die dag voor die tyd en die dag wat ek begin is die heelergste, ek het so erg pyn dat dit my duislig en naar maak.. Dan is dit op die langste 2dae wat ek erg vloei met sulke stukke bloed tussen in. Na die 2 dae is dit verby en dan oor 'n maand is dit dieselfde storie. Is dit normaal?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc
- 2017/08/21

Hi

Dit klink asof jy dysmenorrhoea het, dit is wanneer die menstruasie baie erg en baie pynlik is. Daar is verskeie oorsake van dit, so ek stel voor dat jy na die ginekoloog toe gaan vir n ondersoek om seker te maak hoekom die menstruasie so erg is. Daar is pille wat n mens kan gebruik om die pyn en bloeding minder te maak. Jy kan probeer om ponstel (mefanamic acid) 500mg drie keer per dag te gebruik, en begin sommer n dag voordat jou siklus moet begin en hou aan vir twee tot drie dae, totdat die bloeding minder is. Hierdie is net raad vir die tussentyd, totdat jy n ginekoloog afspraak gekry het. Moet nie die ponstel gebruik as jy allergies is daarvoor nie. Groete en sterkte. 

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement