advertisement
Question
Posted by: Gerhard | 2014/03/05

Hooggeregshof bevel bepaal dat ek die kinders om 18:00 by my vrou se woning moet aflaai. Wat word bedoel met woning en sluit dit enige woning in waarna sy kan verhuis?

My vrou het met ons 2 minderjarige kinders uit die huis getrek sonder dat ek vermoet het ons het huweliks probleme. Sy het 4 interim beskermingsbevele op my beteken. Sy het my valslik beskuldig van aanranding op haar en die kinders, seksuele molestering en emosionele teistering om die bevele te bekom. Sy het die kinders Kidz kliniek toe geneem hulle is onderwerp aan inwendige ondersoeke, die J88 het niks gewys nie en die verslag van welsyn het ook die bewering verwerp. Hulle se wel ek is baie streng op die kinders. Ek het ? dringende Hooggeregshof aansoek gebring: Haar Edele Regter Foulks-Jones het my vrou ernstig aangespreek oor haar gedrag en het haar beskou as ? ouer vervreemder. Dit is ook aan haar duidelik gemaak dat die minderjarige kinders uit haar sorg verwyder kan word weens haar ouer vervreemding. Ons het weer op 3 Oktober 2013 verskyn voor Sy Edele Regter Francis. Die Agbare hof het ? bevel uit geruik op die selfde datum. Al 4 die interim beskermingsbevele is tersyde gestel. Ek het kontak reg elke dag na skool tot 18:00 waar op ek die kinders by haar woning moet aflaai, sy het 8Km van my af gewoon in die selfde munisipale area. Ek het op 15 Jan 2014 ? epos van haar ontvang waar in sy my meedeel dat hulle nie meer in “B” bly nie en dat hulle nou by haar mans vriend in “S” bly. Dit is ook al die vyfde keer wat sy met ons kinders rond trek. Uiteraard was dit vir my ? groot probleem omrede ek nie vroegtydig in kennis gestel was nie, sy het al in middel Des 2013 getrek sonder dat ek weet. Ek moet dan ook volgens die bevel my kinders in die middae om 18:00 by haar woning aflaai. Ek werk in Benoni en werk tot 16:30 waar na ek met die N12 skool toe ry om die kinders op te tel vir my kontak reg. Ek tel die kinders gewoonlik om 16:45 op en vat hulle dan huis toe waar ek vir hulle iets maak om te eet en hulle my van die dag vertel. Om ongeveer 17:45 het ek hulle gewoonlik na haar woning geneem. Ongeveer 8 Km van my woning. Dit is prakties onmoontlik vir my om 16:30 in Benoni te ry die kinders in Boksburg op te tel en terug te ry Springs toe en die kinders by haar woning af te laai teen 18:00. Dit is ? totaal van amper 52 Km. Sy wyer egter om ons kinders by my woning op te tel om 18:00. Ek is van mening dat dit uiter onbillik van haar is, veral in ag genome dat sy verby my woning moet ry van haar werk af na Springs toe. Tans laai sy die kinders by my woning op om 17:00, om dat sy wyer om te wag dat ek tyd met die kinders spandeer. Wat staan my te doen?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement