advertisement
Question
Posted by: Lisa | 2017/10/13

Erg geswelde voet.

Hallo dok. Ek is 41 en 'n ma van 2 laerskool seuns. Ek dra al 25 jaar 'n kunsbeen. My enigste voet dra alleen al die gewig en ek is so bietjie oorgewig daarby omdat ek insulien weerstandig is en nie aktiewe oefening soos gym of draf kan doen nie. Ek is nie iemand wat lank kan stilsit nie, dan begin ek mop, vee, speelgoed optel, wasgoed doen, kosmaak en groceries koop. My voet is maar in die aande geswel en as ek tot rus kom net na 20h00 dan sit ek met my voet op in 'n lazyboy stoel. My man is so gewoond ek doen alles hy vergeet ek is eintlik gestremd. Ek is perfeksionisties en dink niemand kan 'n ding so netjies doen soos ek nie so ek doen dit liewer self. Ek het tans nou 'n paar dae gaan uithelp by 'n firma se skakelbord waar ek vir lang ure sit. My voet begin pyn en ongemaklik voel so ek het sommer die asdrommetjie omgekeer en rus my been daarop onder die tafel. My voet swel egter nou so in die aande dat ek skrik as ek dit sien. Ek het 'n foto geneem. Dit lyk regtig soos 'n olifant se poot, die voet bo op en die enkel is net so dik soos my been geswel, geen tekens van enkels nie. Ek probeer opstaan van my stoel bd werk en om die tafel loop of staan net en beweeg so bietjie, maar my voet wil nou permanent in die lug wees voor hy ophou pyn. Die swelsel lyk of ek 'n klein motor tyre onder my enkel se vel versteek. Moet ek bekommerd wees? Ek het my huisdokter ge epos en 'n foto gestuur. Wag vir terugvoering.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc
- 2017/10/17

Hi Lisa

Ek is n bietjie bekommerd, veral oor die vreeslike swelling en dat dit net al hoe erger word. Ek sal meer gerus wees as die dokter jou stuur vir n sonar van die venes van die onderbeen, om seker te maak dat daar nie n trombose van deen van die diep venes is nie. Groete en sterkte. 

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement