advertisement
Question
Posted by: | 2017/11/22

Effek van medikasie op maag?

Hallo dokter. Ek wil net weet of ek bekommerd moet wees oor my maag? Ek wissel met my stoelgang heeltyd van sukkel of glad nie sukkel (amper soos diaree) of voel ek moet gaan maar dan druk ek en sukkel en niks kom uit nie. Partykeer sal daar bloed ook wees maar ek vermoed dis van 'n skeurtjie en of aambeie oor ek sukkel en druk - dis helderrooi en ek vermoed die skeur oor dit dan brand. Partykeer voel ek ook so semi brandkol op my maag. Ek kan dit amper beskryf as ek is heeltyd "bewus" van my maag. Ek het hoe bloeddruk, is oorgewig (probeer op die oomblik gesonder eet) het GERD en het osteoartritis en het hierdie jaar twee ortopediese operasies gehad en dus heelwat anti inflammatoriese middels gebruik. Ek is vroulik, 42. Baie dankie vir die raad.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc
- 2017/11/23

Hi

Ek dink die anti-inflammatoriese medikasie kon dalk jou maag beinvloed het. Ek stem saam dat die helderrooi bloed deur n skeurtjie of aambeie veroorsaak kan word. Ek sal wel meer gerus voel as jy eerder dokter toe gaan vir n goeie ondersoek. Die dokter mag dalk vir jou medikasie gee en sien of dit werk, of jou dalk verwys vir n gastroskopie en kolonoskopie. Groete en baie sterkte. 

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement