advertisement
Question
Posted by: Willem | 2011/05/10

6 weke verkoue

Dr Anrich,

Ek het voorheen gevra oor my 6 weke verkoue wat nie regkom nie...
My GP het my op ‘ n verdere 5 dag antibiotika geplaas + kortisoon per mond. Ook verwys vir X-strale en die linker Maxillary Antrum is vol vloeistof (blok).

My GP het gesê  ek moet soutwater snuif en my neus blaas anders sal hy my moet verwys vir ‘ n sinus spoel. Die medikasie is vandag klaar en rakende die soutwater storie het ek myself ‘ n 50ml inspuiting en syline sout gaan kry by die apteek en my neus so 2-3 keer per dag gespoel oor die naweek met 200ml water op ‘ n slag (daar het maar baie gagga goed uitgekom).

Of dit genoeg was om die atrum nou oop te hê  weet ek nie –  ek praat egter al baie beter en het geen drukking op die sinusse meer. Ek voel ook baie beter, so ek wil weet dink dok ek moet maar net weer gaan vir ‘ n opvolg X-straal? Ek het die Maxillary Antrum ge-google en dit lyk my sy opening is maar klein na die neus holte so ek weet nie of ek effektief by hom uitgekom het met my spuit en rubber pyp nie?!

My neus is nog toe so nou en dan… sal dit maar wees omdat die slymvliese effens geiriteer is met die spoelery, want dit maak dit effe sensitief? Ek wil graag weer begin om iets soos Beclate Aq of soortgelyke neussproei te gebruik, want dit lyk my of hooikoors gaan my nooit verlaat. Kan ek dit nou al begin gebruik of moet ek eers die neus ‘ n rukke laat “ rus” ?

Willem

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Willem

'n Opvolg x-straal is 'n goeie idee. Begin maar solank met jou allergie behandeling. Ek stel voor dat jy 'n verwysing na 'n ENT spesialis kry. Daar is 'n nuwe prosedure wat redelik vinnig en veilig is om die maksilere sinus se opening te verwyd.

Groete




Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement