advertisement
Question
Posted by: Lynette | 2009-06-22

6 jarige se gewig

Ek wil net graag uitvind of dit sal sleg wees vir my 6 jarige seuntjie om dieet koeldranke (soos bv. Tab, Diet Coke ens.) te drink?
Hy weier om enige ander koeldrank as "  Coke"  te drink en sy gewig ly kwaai daaronder. Hy geniet glad nie aanmaakkoeldranke nie en vrugtesap is onbekostigbaar.
Dankie!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Lynette
Dit is nie eintlik die antwoord om jou 6 jarige seun toe te laat om dieetkoeldranke te drink nie, want hy behoort water, melk en verdunde vrugtesap (in matige hoeveelhede) te drink pleks van koeldranke. As hy nou dieetkoeldranke drink pleks van gewone koeldranke gaan hy nooit die gewoonte afleer nie en dit gaan sy gewig net weer belemmer as hy die dag terugkeer tot gewone versoete koeldranke. Probeer hom geleidelik die gewoonte af te leer en verplaas die koeldranke met gesonder keuses soos vetvrye melkdranke, vloeibare, lae-vet jogurt ("drinking yoghurt"), water, rooibostee, en verdunde vrugtesap (wat jy self uitdruk soos lemoensap) of vars vrugte soos lemoen wat ook dors kwes.
Dit mag 'n rukkie neem om hom van die versoete koeldranke te speen, maar dit sal sy gesondheid en gewig baie goed doen.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement