advertisement
Question
Posted by: Nella | 2008/10/13

5000kj

Hallo doc,
Ek het gewonder of dokter vir my n voorbeeld dieet plan van n dag kan gee wat my nie meer as 5000kj sal gee nie. Ek sal graag my pap soos oats of All bran wil insluit asook rosyne en sade. sal dokter vir my n voorbeeld van so n plan kan gee? Wil graag bietjie gewig verloor, ek stap 4 keer n week, maar dis nie genoeg om my kj inname tot ten minste 5000kj te verlaag nie.
Baie dankie
Nel

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Nella
Ek kan ongelukkig nie individuele diëte vir my Lesers uitwerk nie - sal nie kans kry om dan al die vrae te beantwoord nie. Kyk gerus op hierdie Webwerf vir 'n voorbeeld van 'n verslankingsdieet. Kliek op 'Diet' bo aan hierdie bladsy, en dan op 'Weight loss' en 'Slimming Diet' vir so 'n dieet. Ek is self nie ten gunste van diëte wat minder as 6300 kJ/dag bevat nie want dit kan te maklik lei tot voedingsgebreke en bevorder dikwels nie gewigsverlies nie aangesien die liggaam dink dit word 'uitgehonger'. Jy kan ook 'n dieetkundige spreek. Besoek die Webwerf van die Assosiasie vir Dieetkunde in SA by: www.dietetics.co.za en kliek op "Private Practising" om die naaste dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal jou help om 'n verslankingsdieet uit te werk wat jou voorkeur kosse insluit, mits hulle natuurlik laag is in vet en hoog is in voedingstowwe.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement