advertisement
Question
Posted by: elna du toit | 2010/12/20

4jarige allergies vir melk en neute

waarmee kan ons melk en melkprodukte vervang - kos en aanvullings?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Elna
Die rol wat melk en suiwelprodukte in ons dieet speel, is veral om hoë-kwaliteit proteïene, en kalsium aan die liggaam te verskaf. Indien jou 4-jarige kind vir melk allergies is, dan kan jy sojamelk probeer. Maak net seker dat die sojamelk wat jy koop met kalsium verryk is. Melk verskaf 1 of meer milligram kalsium per ml, dus 100 mg of meer per 100 ml melk. Jy behoort ook soja-jogurt en -roomys by sekere winkels te kan koop. Indien die kind nie van soja hou nie, kan jy 'n kalsiumaanvulling gebruik. Gesels met jou apteker oor kalsiumaanvullings vir 4-jarige kinders - hulle het ongeveer 800 mg kalsium per dag nodig. Proteïene kan jou kind van eiers, vleis, vis en pluimvee bekom. Omdat dit nogal belangrik is dat jong kinders 'n gebalanseerde dieet inneem, sal ek ook aanraai om 'n geregistreerde dieetkundige te spreek. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal jou help om jou kind se dieet te balanseer.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2010/12/20

Beste Elna
Die rol wat melk en suiwelprodukte in ons dieet speel, is veral om hoë-kwaliteit proteïene, en kalsium aan die liggaam te verskaf. Indien jou 4-jarige kind vir melk allergies is, dan kan jy sojamelk probeer. Maak net seker dat die sojamelk wat jy koop met kalsium verryk is. Melk verskaf 1 of meer milligram kalsium per ml, dus 100 mg of meer per 100 ml melk. Jy behoort ook soja-jogurt en -roomys by sekere winkels te kan koop. Indien die kind nie van soja hou nie, kan jy 'n kalsiumaanvulling gebruik. Gesels met jou apteker oor kalsiumaanvullings vir 4-jarige kinders - hulle het ongeveer 800 mg kalsium per dag nodig. Proteïene kan jou kind van eiers, vleis, vis en pluimvee bekom. Omdat dit nogal belangrik is dat jong kinders 'n gebalanseerde dieet inneem, sal ek ook aanraai om 'n geregistreerde dieetkundige te spreek. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal jou help om jou kind se dieet te balanseer.
Vriendelike groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.