advertisement
Question
Posted by: Helena | 2009/11/17

4284 - Nog ' n vraag

Dokter,

ek het gister aand my nippel baie goed bekyk. Dis net die regter kantste ene. Ek het ons dokter op die dorp gebel en vir haar ook vertel daarvan. En vir haar gesê  ek het gelees dit kan borskanker wees.

Sy het nie bekommerd geklink nie. So toe gister aand van pure furstrasie smeer ek maar ' n bietjie Lotriderm aan (ek hoop dit was nie ' n slegte besluit nie) en toe brand dit effens. Toe smeer ek dit aan die linker kantste ene ook aan, vir -|- role, en toe brand dit ook effens.

Vanoggend nadat ek gestort het, sien ek albei nippels lyk asof hulle op die koppie bietjie droog is. Ek smeer toe nou weer Lotriderm aan, en dit brand toe weer effens, maar minder as gister aand. Dis nie rooi of opgeswel nie. Net as ek baie daaraan " krap"  dans dit stekerig en rooi.

Daar is nie ' n ekseem of uitslag nie, en verder voel ek geen knoppe of pyne nie. Kan kanker nogsteeds ' n opsie wees? Ek is 23jr oud. 2jr al op Marvelon en was tevore vir 4jr op Nordette.

Was in Januarie die jaar vir ' n papsmeer en bloedtoetse. Skildklier, suiker, de lot. Als is normaal.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Helena
As daar nie 'n uitslag is nie, is dit onwaarskynlik dat dit kanker kan wees. Die lotriderm het kortisoon in so mens moet dit net nie langtermyn gebruik nie want dit kan die vel dun maak. Help iets soos Anthisan room nie?
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: cyberdoc | 2009/11/17

Hallo Helena
As daar nie 'n uitslag is nie, is dit onwaarskynlik dat dit kanker kan wees. Die lotriderm het kortisoon in so mens moet dit net nie langtermyn gebruik nie want dit kan die vel dun maak. Help iets soos Anthisan room nie?
Dr Bets

Reply to cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement