advertisement
Question
Posted by: Helena | 2009/09/29

4067 - Lae rugpyn

Goeie dag, Dokter

Ek het verlede Woensdag baie erg gastro gehad. Ek was afgeboek vir 2dae. Woensdag en Donderdag. Ek het in daardie tyd erg lae rugpyn gehad. Dot het erger begin raak.

Ek drink 2 x spierverslapers en 1 x panamor vir senikale hoofpyn en het dit sommer begin drink vir my rugpyn ook. Elke keer as ek sit of lê  (veral op sagte areas, bv.banke of bed) en dan moet opstaan, kan ek nie. Dit pyn en trek vreeslik op my kruis. Dit was gister so erg dat die pyn in my bene in gaan. Ek kon skaars bestuur of trappe klim. Maar ek het later gaan draf om te kyk of dit nie sal help nie.

My ma het gister my probeer regop help deur om my regop te trek, maar toe val ek. my bene het onder my ingegee. Sy het toe later haar APS masjien op my rug gesit, deepheat aan my rug gesmeer en ek het met '  n kussing tussen my bene geslaap.

Dit voel soos wanneer mens se vinger styf is en nadat dit geknak het, dan voel dit beter. Nou my rug voel so asof iets daar binne moet knak. Ek is regtig bekommerd hieroor. Dit voel vandag beter, maar dis nogsteeds seer. Ek is 23jaar oud, en oorgwig. Maar dis die eerste keer wat ek dit ervaar. My pa het presies dieselfde simptome.

Wat veroorsaak dit? Wie kan my help met dit? Wat kan ek gebruik?

Baie dankie,

Helena

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Helena

Verwys na my antwoord op jou vraag van gister.

Groete



Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement