advertisement
Question
Posted by: margerie | 2011/02/16

40 en sukkel my dood om gewig te verloor

Hi ek is 40, 1.59 en week tans 65kg so 8 maande terug het ek nog 53kg geweeg. Ek was Junie 2010 vir ''n histerktomie, maar het nog my eierstokke. Ek probeer reg eet en oefen maar ek kry net nie die gewig afgeskud nie en die ergste van alles my borste het omtrent 3 grootes vergroot! Ek weet nie meer wat om te doen nie ek is desperaat, enige raad?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Margerie
Indien jy nog jou eierstokke na die histerektomie het, gebruik jy seker nie vroulike hormoonaanvullings nie? Ek sal eerstens aanraai dat jy wel hierdie probleem met jou ginekoloog bespreek want hierdie konstante gewigstoename is nie normaal nie tensy daar wel fout is met jou hormone (vroulike hormone, skildklier of insulien). Die dr sal miskien besluit om jou met vroulike of ander hormone te behandel as daar 'n gebrek is. Een van die ander faktore wat moontlik 'n rol speel is depressie. Baie vrouens ontwikkel depressie na 'n histerektomie omdat hulle die operasie as 'n verlies aan hul vrugbaarheid en/of vroulikheid beskou. Indien dit miskien 'n onderliggende faktor is, sal dit help om met 'n kliniese sielkundige te praat. Op die oomblik is jou BMI = 25.7 wat net bokant die boonste perk van normaal is. Toe jy 53 kg geweeg het, was jou BMI = 20.9 wat amper weer te laag was. Kom ons kyk of daar 'n hormoon tekort is of 'n depressie wat jou so gewig laat aansit. Hou aan met die oefening want dit help om jou gewig in toom te hou en werk ook teen depressie.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2011/02/16

Beste Margerie
Indien jy nog jou eierstokke na die histerektomie het, gebruik jy seker nie vroulike hormoonaanvullings nie? Ek sal eerstens aanraai dat jy wel hierdie probleem met jou ginekoloog bespreek want hierdie konstante gewigstoename is nie normaal nie tensy daar wel fout is met jou hormone (vroulike hormone, skildklier of insulien). Die dr sal miskien besluit om jou met vroulike of ander hormone te behandel as daar 'n gebrek is. Een van die ander faktore wat moontlik 'n rol speel is depressie. Baie vrouens ontwikkel depressie na 'n histerektomie omdat hulle die operasie as 'n verlies aan hul vrugbaarheid en/of vroulikheid beskou. Indien dit miskien 'n onderliggende faktor is, sal dit help om met 'n kliniese sielkundige te praat. Op die oomblik is jou BMI = 25.7 wat net bokant die boonste perk van normaal is. Toe jy 53 kg geweeg het, was jou BMI = 20.9 wat amper weer te laag was. Kom ons kyk of daar 'n hormoon tekort is of 'n depressie wat jou so gewig laat aansit. Hou aan met die oefening want dit help om jou gewig in toom te hou en werk ook teen depressie.
Sterkte
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.