advertisement
Question
Posted by: Dave | 2008/10/20

&#39 Slaap'  gevoel in regterarm

Hallo dr. Bets

Ek het baie weke (ek dink dis nader aan enkele maande) ' n onverklaarbare pyn in my regterarmspiere. Ek het daarmee saamgeleef en dit nie eens genoem nie maar vanaand kry ek ' n gevoel in my regterarm soos ' n voet wat ' slaap' . Dik gevoellose gevoel vanaf my skouer tot in my hand. Dit is nou weer weg maar natuurlik is ek bekommerd.
Ek is ' n 61jarige man en is gediagnoseer met ' hartversaking'  na my voete geswel het, en ek gebruik puresis daarvoor. Die vreemde gevoel(looosheid) in my regterarm - dink jy dit het dalk met bloedsirkulasie te doen?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Dave
Dit klink vir my baie soos 'n senuwee wortel wat knyp in die nek - dalk het jy 'n bietjie van 'n diskus prolaps van een van die nekwerwels - laat jou GP kyk, jy het dalk 'n x/straal van die nek nodig en as die arm baie swakheid toon, moet jy dalk 'n fisioterapeut gaan sien om traksie aan te sit om die drukking te verlig OF 'n ortopeed gaan sien as daar verkalkings en goed is en die dokter dink hulle sal moet opereer om die drukking te verlig.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Dave | 2008/10/21

Baie dankie Dr. Bets. Dit is vir my ' n verligting dat jy dit nie koppel aan die ' hart versaking'  diagnose nie. Ek het vroeë r jare skrikmaak stories gehoor by leke wat armpyne en ander (arm)kondisies aan hartkondisies koppel. Jou antwoord dien sommer as ' n stewige kalmeerpil:-0
Grappie... met die ' Athro Guard'  kapsule wat my vrou by elke ete saam in my bord plaas, behoort ek nie verkalking of ontkalking probleme te hê  nie:-)
Baie dankie nog ' n keer vir hierdie *wonderlike diens wat jy hier lewer.

Reply to Dave

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement