advertisement
Question
Posted by: nana | 2009/08/23

33-jarige ' ' kind' ' 

Naand dokter Anrich,
Die seun is nie baie intellegent nie, was in ' n speisiale skool, kry tans ' n ongeskiktheidstoelae v d staat. Volgens my suster is hy gediagnoseer as disleksies. Hy het al ' n paar kleinerige werkies gehad, soos in ' n videowinkel, melkery, sekuriteitsbeampte, en nou in Pretoria vir so 3 weke as bestuurder om werkers rond te ry na verskillende plekke waar hulle moes werk. Hy het ' n bestuurderslisensie, het altyd ' n baie aangename sonnige persoonlikheid gehad, alhoewel ons almal geweet het hy is nou nie die wereld se slimste nie. Kan baie goed optel en aftrek, en lees glad nie te vrot nie. Spel is dalk nie so ' ' hot' '  nie maar hy kan beslis skryf...
Hy het nooit enige siektes, beserings, epilepsie of enige-iets buiten die gewone verkoues gehad nie. Hy was/is taamlik oorgewig, het hoe bloeddruk waarvoor hy daagliks 5mg farmapress gebruik.
Hy was heel normaal en die eerste wat ek van enige iets anders gehoor het, is drie dae voor hulle uit hul klein dorpie in die Vrystaat, hierheen verhuis het. Toe het hy net ewe skielik die straat ingevaar, voor my suster se huis bly staan, snags in die straat (of ons vermoed op die kerkstoep) geslaap en geweier om in die huis in te gaan ' ' want daar is ander mense' '  in die huis. Dit was die Donderdag...die Sondag toe hulle trek moes ry, het hulle met amperse geweld en afdreiging hom sover gekry om in die kar te klim, ook net met die voorwaarde dat hy bestuur ' ' want hulle ry in die rondte met hom, en is glad nie oppad Pta toe nie' ' . Hier gekom, het hy eenkant gestaan en kyk hoe my man en iemand anders al die swaar meubels alleen indra ens...iets totaal ongewoon aan hom aangesien hy gewoonlik baie behulpsaam is.
Hy het van die Sondag wat hulle hier gekom het (en ook die 3 dae voor dit) so te se niks ge=eet nie. Hy wou net sy koeldrank he, en het sommer met 3 bottels in die een hand rondgeloop. Hy wou sy ma nie alleen los vir ' n oomblik nie, sy kommunikasie het geleidelik verswak, sy asem het die vreeslikste reuk gehad, en oor die algemeen het hy baie sleg voorgekom. Ek was verbaas, want ek het nooit verwag of gedink dat iemand so vinnig soos in handomkeer kon verander nie. Die Woensdag het ek hom na my huisdokter in Rooihuiskraal geneem aangesien hy nie ' n fonds het nie. Die dokter het gese dis a.g.v. die trauma van die trek van alles wat bekend is na ' n plek waar hy niks en niemand ken nie. Vir hom bloeddrukpille gegee, asook Ativan wat hy vir ' n maand gedrink het. Hierna het ek vir Cyberdoc geskryf en raad gevra aangesien hy vir my bediende gese het dit voel vir hom of hy iemand seergemaak het...ons het dit intussen reggekry om die gaskoeldrank heeltemal weg te neem van hom, aangesien dr Bets gese het dat dit saam met die kosstaking, die oorsaak kon wees van sy ' ' deurmekaar' '  gedrag.
Hy het redelik geod begin lyk, toe die werkie gekry om die voertuig te bestuur, ' n ligte ongeluk gemaak na 3 weke en onmiddellik weer in soortgelyke zombiese toestand verval. Weer met baie geduld en aandag, hom weer min of meer daar uitgekry, maar nou kom hy met die snaakse vrae soos: Was hy getroud en het hy kinders (totaal onwaar) en is hy ' ' groot' '  of ' ' klein' '  en is oom S.... sy pa se broer, en sulke dinge wat mens nooit sal verwag ' ' n normale mens sal vra nie...hy vra dit ook net vir my bediende. Ek het hom konfronteer en gevra of hy nog deurmekaar is, toe se hy dis asof daar jare van sy lewe is waarvan hy niks weet nie. Hy is ook paranoid en pas sy ma op. As sy iewers gaan, vra hy honderd keer wanneer kom sy dan terug, en soos ek in my vorige skrywe gese het hy het gaan kuier met die plan om 2 maande te bly, maar sy suster moes hom na 5 dae terugbring oor hy weer opgehou eet het. Tans eet hy goed, en drink net vrugtesappe, tog het hy hierdie ' ' vertraagde' '  houding, heeltemal ongewoon aan hoe hy was. Soos ek gese het, hy was nooit die wereld se slimste nie, maar bv ' n vreemde persoon sou nooit agtergekom het dat hy in n spesiale skool was nie. Nou is hy regtig sommer reguit gese soos ' n verstandelik-gestremde. Ek verstaan dit nie, dit kan nie hierdie keer weer te doen he met sy bloedsuiker, ens nie, so wat kan dit wees, en waar gaan ek heen met hom. Soos ek gese het hy het nie mediese fonds nie, en sy ma het nie die geldelike vermoens om hom na n psigiater te neem nie. Hulle het juis a.g.v. finansiele druk na my toe getrek. Ek hoop ek het sin gemaak met hierdie verskriklike lang post van my.
Baie dankie vir julle raad, dr.
Nana

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Nana

Dit is baie belangrik om 'n definitiewe diagnose te maak. Hy sal 'n psigiater moet konsulteer om te bepaal of hy dalk 'n persoonlikheid versteuring het, asook 'n neuroloog om enige moontlike organiese brein sindroom uit te skakel, wat hierdie gedrag navore bring.

Spesiale toetse sal moet gedoen word, soos bv. 'n MRI studie van sy brein. Behandeling sal bepaal word deur die uitslae van beide hierdie spesialiste.

In die lig van die finansies, sal ek voorstel dat jou huisdokter hom verwys na die naaste akademiese hospitaal. Hy behoort uitstekende behandeling te ontvang, al is dit 'n staats instansie. Jou huisdokter sal wel moet moeite doen om hom na die regte departemente te verwys, asook om die vroegste konsultasie datums te kry.

Innige simpatie en sterkte.

Skryf gerus weer.

Groete



Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: nana | 2009/08/25

Dankie, dokter en ook Annon...ek sal kyk wat ek regkry. Dit lyk of my sussie wegskram van die werklikheid en nie belangstel om hom vir die toetse te laat gaan nie (d.w.s. as ons al die struikelblokke oorkom en wel n afspraak kry met die regte mense!) Ek het haar gese ek is bekommerd en die cyberdoc se raad vir haar gelees, maar sy toon geen reaksie daarop nie. EK sal dalk weer terugvoering gee ...
Groete en dankie,
Nana

Reply to nana
Posted by: Annon | 2009/08/24

Dit is onmoontlik disleksia wat dit kan veroorsaak, doen dalk toetse vir ander toestande.

My broer en pa lui aan disleksia en daar is geen sulke probleeme, hulle is baie goed met hul hande maar moet hulle nie voor ' n boek sit om te leer hulle kan ook nie vir lang tye oplet nie, dis die probleem met disleksia nie wat met die persoon aangaan op die oomblik nie

Sterkte

Reply to Annon

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement