advertisement
Question
Posted by: nana | 2009/08/22

33-jarige ' ' kind' ' 

Beste dr Bets,
Ek het so n twee maande of so gelede raad gevra i.v.m. my sussie se seun...hulle het vanaf Ficksburg gekom en bly nou by my. Hy het snaaks begin optree, so te se opgehou eet, en wou net sy gaskoeldrank drink.
U het aan my verduidelik v d veranderinge wat in n mens se liggaam plaasvind a.g.v. die suiker, ens. Met groot geduld het ons dit reggekry dat hy weer redelik begin eet het, hy drink nou net sappe, en deesdae versap hy ook sy eie na smaak.
Hy het oorgegaan van Ativan na Deprosan en het nogal redelik reggekom...
Nou kom ek egter agter dat hy heel deurmekaar is. Hy sal bv vir my bediende vra of hy getroud is en n vrou en kinders het. In werklikheid geen meisie ooit. Hy praat oor sy pa se broer, en vra sy ma ' ' dit is mos pa se broer, as ek nou reg is' ' ...of hy vra weer vir my bediende of hy klein is, of groot. Sulke snaakse simpel tipe dingetjies.
Sy suster van Ladybrand af het twee weke gelede kom kuier en met groot funfare en entoesiasme is hy hier weg saam hulle die Sondag om so twee maande of wat te kuier. Die volg Saterdag=oggend 10-uur, is hulle terug hier met hom. Weer opgehou eet, en al die ander. Verwyt sy ma sy is nie meer lief vir hom nie, dis hoekom sy hom weggestuur het. In werklikheid het hy gese hy wil gaan kuier.
Wat moet n mens daarvan dink.? Hy doen ook geen werk nie, het vir n vriendin van my vir twee weke gehelp werkers vervoer, maar na n geringe ongeluk met n ander voertuig, dit summier opgeskop.
Ek waardeer al die advies en raad, dankie dokter.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Nana

Het hierdie "33-jarige" kind enige verstandelike gestremdhede? Was daar by geboorte enige defekte of komplikasies wat gelei het tot breinskade? Is daar enige geskiedenis van erge hoof trauma of infeksies van die sentrale senuwee sisteem? Is daar 'n geskiedenis van epilepsie/is hy al ooit getoets daarvoor? Watter medikasie gebruik hy tans?

Is dit moontlik om enige ander inligting te verskaf van sy mediese geskiedenis?

Met ontvangs van jou antwoord, sal die aangeleentheid my verdere aandag geniet.

Groete




Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement