advertisement
Question
Posted by: Chantell James | 2010/09/02

3 jarige seuntjie maag probleem

HI daar ek het n 3 jarige seuntjie wat konstante probleme met sy magie het. Hul het n enima onder ingesit met vloeistof om te kyk of daar enige probleme in derms is maar het niks gekry nie het net gese sy dermpies het ly geword so hy kry nou elke aand vir 3 maande Pedicol as ek reg is wat hy moet drink om sy dermpies te help en dat sy magie kan gaan die probleem is dit is part dae seer hy trippel op en af voor iets gebeur so ek kan hom nie van die doeke af kry nie oor hy so sukkel dat sy magie moet gaan en as sy magie gaan is die slap nie hardlywig nie. partykeer gaan sy magie sonder probleme ander kere gaan dit nou weer met n gesukkel ek kon verstaan het as hy hardlywig was maar hy is nie. Dis nou al 2 maande wat hy op die sakkkies Pedicol is wat hy kry elke aand as hy gaan slaap maar nog steeds n probleem. Nou die afgelope 3 dae wil my kind niks rerig eet nie dalk n toebrootjie of piesang mar dis ook dit en sy magie het n paar dae laas ordentlik gegaan wat kan ek doen om hom te help ek is nou al raad op en hul kry niks fout by sy dermpies nie dis tot partykeer seer as hy n wind wil los. HELP MY ASB ek hou nie daarvan om so hulpeloos te wees nie kani my kind so sien sukkel nie hy raak al groter en kani altyd op die doeke bly nie hy kry skaam maar is bang vir die potjie ek dink dis omdat hom seer maak as sy magie will gaan of hy is te bang om te druk. Is raad op!!!! Jou hulp sal baie waardeur word

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Chantel
Hy mag dalk 'n klein skeurtjie by die anus hê wat dalk pyn veroorsaak as hy opelyf het (selfs sagte opelyf) Vra jou GP om net mooi te kyk want dan kan mens 'n salfie daar voor gebruik. Probeer hom elke dag op die selfde tyd na 'n ete vir 'n paar minute op die potjie of toilet sit, al gebeur daar niks, maar as hy in 'n roetine kom sal dit dalk sy magie help om meer gereeld te gaan. Jy kan ook vir hom 'n pediatriese gliserien setpilletjie insit net voor hy op die potjie gaan sit om die dermpie te stimuleer.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Cyberdoc | 2010/09/02

Hallo Chantel
Hy mag dalk 'n klein skeurtjie by die anus hê wat dalk pyn veroorsaak as hy opelyf het (selfs sagte opelyf) Vra jou GP om net mooi te kyk want dan kan mens 'n salfie daar voor gebruik. Probeer hom elke dag op die selfde tyd na 'n ete vir 'n paar minute op die potjie of toilet sit, al gebeur daar niks, maar as hy in 'n roetine kom sal dit dalk sy magie help om meer gereeld te gaan. Jy kan ook vir hom 'n pediatriese gliserien setpilletjie insit net voor hy op die potjie gaan sit om die dermpie te stimuleer.
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement