advertisement
Question
Posted by: Turf | 2012-02-23

2de opinie verkry

Hi Dr Anrich

Ek was laas week vir ''n 2de opinie by ''n ander Ortopeed wat ook gese het dit is die tendons van my tone wat ge-affekteer is.

Die sonar wat gedoen is het heel normaal gewys maar hy het kortisoon onder my toon ingespuit en ook ''n moonboot voorgeskryf vir 2 weke tot ek hom weer sien. My voet is ten minste nou plat in die boot sonder enige pyn en ek kan loop, dit is net nou en dan ''n bietjie sensitief in die area waar die kortisoon ingespuit is.

Daar is nog een bekommernis. As ek op beide voete plat staan met volle gewig is albei nie dieselfde kleur nie. Die seer voet is ''n rooier kleur en by tye (soos as ek klaar gestort het) meer ''n blou perserige kleur. Dit gebeur net met gewig op die voet - sodra ek hom oplig verdwyn dit. Ek het dit aan die spesialis genoem en hy het gese hy sou nie te bekommerd wees oor dit nie. Daar is geen dooie gevoel nie.

Wat kan die blouheid veroorsaak? Is dit omdat ek vir 7 weke nie gewig op die voet gesit het nie?

Ek dink daar is nou uiteindelik lig aan die einde van die tonnel.

Groete

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Turf

Ek dink regtig nie jy hoef jou hieroor te bekommer nie. Dit is moontlik as gevolg van die feit dat jy nie die been geoefen het nie en dat verminderde bloedvoorsiening, die blou verkleuring veroorsaak.

Groete





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement