advertisement
Question
Posted by: Lee | 2009-02-17

22w swanger-suiker in piepie?

Hi dok,

Eks tans amper 22-23weke swanger en my ginekoloog het in my uriene monster bietjie suiker opgetel. Moet ek stres of kan dit wees omdat ek voor my afspraak pak suur gummy lekkers geeet het? Ek is oor die algemeen baie gesond en oefen nog 4/5 keer per week in die gym. Ek hou van ' n soet dingetjie, maar eet nie meer as gewoonlik omdat ek swanger is nie.

Hy het my verwys vir glukose toleransie bloedtoets. Eks bang vir swangerskap diabetes! Wat is die gevolge as dit wel die geval is?

Dankie!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Lee
Baie keer kry vrouens suiker in die urine tydens swangerskap sonder dat dit diabetes is, wanneer die bloedtoetse gedoen word en die bloedsuiker is normaal, en die glukose toleransie toets (GTT) gedoen word en die liggaam reageer normaal teenoor die suiker lading, is daar nie iets om oor te bekommer nie. Omtrent 1/6 van swanger vrouens het oorvloei van suiker in die urine as hulle iets soets geëet het, omdat die niere se filtrasie effens anders werk terwyl jy swanger is. Probeer in elk geval soet goed soos lekkers, soet koeldranke en koek meestal vermy voor 'n ondersoek ( en andersins ook om te keer dat jy te veel gewig optel!)
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement