advertisement
Question
Posted by: Mrs. V | 2012/08/14

2 Vrae

Hallo dok, ek wil graag verneem vir ''n vriendin van my. Syt so 2weke terug op stoel gestaan en toe sy afklim het die stoel getiep en syt baie hard met haar ribbes op rugleuning geval. Sy was vir x-strale en niks is gelukkig gebreuk of gebuig of watookal nie. Dr het vir haar Tremazet voorgeskryf (haar maag te gevoelig vir voltaren en myprodol) Syt ''n baie seer en daar is groot knop onder haar bors soos dit geswel is. Wat kan sy nog gebruik om die pyn draagliker te maak? en dan wil ek ook hoor. ek worry vreeslik oor haar, sy gebruik diet pille en drink en rook deesdae vreeslik. sys nie op voorbehoed nie. indien sy sou swanger raak en nie daarvan weet nie, watse skade kan sy die fetus aandoen? dankie vir u tyd

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Mrs V

Die rib besering kan ten minste 4 tot 6 weke neem om te genees. Sy kan haar dokter konsulteer vir 'n voorskrif vir Tramahexal 100 mg SR. Dit is 'n lang werkende pynpil en is "sag" op die maag. Sy kan dit twee maal per dag neem om haar pyn te beheer.

Haar slegte gewoontes kan vele probleme vir die fetus inhou, indien sy sou swanger raak. Fetale alkohol sindroom is 'n groot gevaar, asook 'n onder ontwikkelde fetus, premature geboortes en vele ander.

Groete





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement