advertisement
Question
Posted by: Helena | 2010/03/24

2 vrae

Hallo Dokter

Ek sit met vreeslike rugpyn. Soos ek verstaan word van my werwels vasgeknyp en dis hoekom ek so lam en pyne kry in my bene. Wat kan ek gebruik daarvoor? Ek drink tans spierverslappers en dit werk nie meer nie.

My tweede vraag is, ek is deur allerhande insekte gebyt. Onder andere muskiete, maar ek vermoed deur ''n spinnekop ook. Ek het 5 klein wonde op my regterkantse been. Dit jeuk en ek het dit al stukkend gekrap. Ek sit nou tans pleisters op, vir ''n week al, en daar bly geel goed uitkom. Mens kan dit op die pleister sien. Ek gebruik Detol salf en wil weet of ek moet aangaan daarmee of moet ek dokter toe gaan? Die wonde bly rooi en jeuk,

Baie dankie.
Groete,
Helena

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Helena

Ek stel voor dat jy 'n ortopeet konsulteer vir x-strale en 'n MRI van jou lae rug. Die oorsaak van jou rugpyn is as gevolg van 'n maganiese drukking op die senuwee in jou lae rug. Die ortopeet sal bepaal wat die beste vorm van behandeling is.

Die letsels op jou been, benodig heel waarskynlik antibiotika en ek stel daarom voor dat jy jou dokter konsulteer.

Groete



Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: postman pat | 2010/03/24

Hallo Helena,

Ek weet ons wil nie altyd vir elke ding dokter toe gaan nie, maar gaan sien ''n dokter veral met spinnekop byte, wat jou rugwerwels aanbetref gaan sien ''n goeie ruk en pluk dokter of as jy nog nie het nie dat daar x-straal fotos geneem kan word om die presiese probleem van jou rug uit te wys. Met jou rug speel jy nie want dit kan jou maak loop of kruip as jy dit nie reg behandel of regte tipe oefening kry nie.

Strekte

Reply to postman pat

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement