advertisement
Question
Posted by: PP | 2009-07-06

2 vrae

Eerstens baie dankie vir die goeie raad wat ' n mens altyd kry op die forum, ek het egter twee vrae wat ek wil vra,
1.My dogter se sening is en raak baie seer, sodat sy nie op haar been kan trap nie, wat kan die oorsaak wees.Wat se medikasie kan sy gebruik om die pyn te verlig.
2. My suster sit met ' n blaas wat brand,sy was vir al die toetse na ' n staatshospitaal, haar blaas is opgebind aangesien dit gesak het en die uroloog het gese daar is ' n gewas in haar blaas.maar dit lyk nie kwaadaardig nie.Sy drink baie water, maar dit brand verskriklik, is daar enige medikasie wat sy kan gebruik.Die dokter het niks voorgeskryf nie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Beste PP
Jou dogter het dalk achilles tendonitis - dit kan 'n probleem word want dit tendon kan skeur. Laat sy asb 'n biokinetikus of fisioterapeut sien. Sy kan Voltaren jel smeer en iets soos Neurofen vir pyn gebruik ( dit sal nie die probleem oplos nie - net help vir pyn)
Jou suster kan dalk Citrosoda probeer of Cranberry sap vir die brand.Sy moet dalk dat die suster by die apteek net toets of sy nie dalk infeksie nou het nie.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement