advertisement
Question
Posted by: Raadop mamma | 2009/05/29

2 jarige seuntjie

Ek is dringend opsoek na bietjie raad! My 2 jarige seuntjie is vanaf Januarie die jaar in skool en nou al 5 keer op antibiotika! Ek weet kinders in skooltjies meer genyg om siek te raak..so tussen al die kinders, maar wat ek graag wil weet is wat kan ek vir hom gee om net sy immunitiet op te bou. Ons pediater het gese die Viral choice en ander imune boosters is maar eintlik useless, maar daar moet to IETS wees wat kan help!! ASB, ek hou hom nou by die huis so lank as moontlik maar solank hy daar is wil ek vir hom alles moontlik gee wat ek kan om hom weer sterk te kry! ASB EK BENODIG RAAD,. was al by so baie dokkters en almal se iets anders....Dankie Janine

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Janine

Kinders word blootgestel aan baie virusse, veral in hulle pre-skool jare. 90% van die infeksies sal viraal wees en daarom is die antibiotika nie effektief nie. Immuniteit aanvullings verskil wyd en het 'n individuele uitwerking.

Daarom is dit belangrik dat jy jou apteker raadpleeg oor die nuutste en beste aanvullings en almal probeer en sodoende sien watter een die beste uitwerking het. Probeer veral produkte met Selenium, Sink, Vitamien C, Omega 3 & 6. Dit het gewoonlik 'n goeie uitwerking op die immuun sisteem.

Vra jou dokter om bloedtoetse te doen om vas te stel of hy enige tekorte het.

Groete




Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Anonymous | 2009/05/29

Hi Janine, Ek het dieselfde probleem gehad, tot my apteker my voorgestel het aan Creshgaurd. Dit is duur maar mens gebruik dit net Maandag tot Vrydag (naweke nie) so ek kom omtrent 2maande uit.
Hoop dit help!
Sterkte!

Reply to Anonymous

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement