advertisement
Question
Posted by: Helena | 2011/09/21

1994 dieeet

Goeie dag dokter

Ek is tans op ''n baie ou dieeet waarop die dieetkundige destyds (1994) behandel het na sy hartaanval. Verlede jaar het die oom weer op die dieeet gegaan en amper 30kg verloor. Ek het nou die dieeet verlede week gekry, en een voorwaarde was geen suiker. Gebruik versoeter. Dus my klomp vrae oor die suiker.

Die dieeet is as volg:
Soggens - ontbyt voor 8h30
2 stysels
1 proteien
DUS 1 Weebix plus 200 ml melk. (mag nie 200ml melk oorskry per dag nie)

10h00
2 stysels
1 proteien
1 vet
DUS 2 snye brood met bietjie botter en maaskaas (GEEN polonies of kase nie, maar lase vet Edam mag gebruik word)

13h00
2 stysels
1 proteien
1 vet
DUS 2 snye brood met geen botter, chic en lae vet mayo

15h00
2 vrugte (enige vrugte behalwe piesang. Slegs een medium piesang of anders 1 naartjie, 1 appel bv.)

Vannaad
4 proteiene (120g gaar vleis) Hoender sonder vel, ens.
2 stysels (1 medium aartappel of halwe koppie rys, en klein aartappel)
''n halwe koppie groente (2 groente soorte) Bv. blomkool en ertjies

Snack
2 stysels
1 proteien
DUS 2 cream crackers en maaskaas

Ok, so week 2 gaan beter as week 1, maar 3 dinge pla my
Tussen 7 en 10 is die ergste honger
Die aandete is vir my min, want eks mal oor groente
Ek raak nou meer gereeld honger.

Ek probeer 1L water per dag drink, en tussen deur so 1 of 2 koffies en verder rooibos tee, sonder melk, Ek gebruik wel polony, maar Like it Lean se roast chicken ene asook kaas, maar lae vet gouda. Ek drink vet vrye melk, nooit meer as 250ml per dag nie. En dan gebruik ek nou ook sweetners.

Soos ek vroeë r genoem het, hierdie dieeet was in 1994 saamgestel. Wat moet ek verander of kan ek by las?

Dis my eerste keer dat ek probeer gewig afskud met hierdie tipe dieeet (6keer eet per dag) Almal sê  dis die regte manier om gewig te verloor, so ek hoop dit help.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Helena
Goed om weer van jou te hoor. Hierdie dieet van 1994, behoort wel gewigsverlies te veroorsaak, mits dit minder kJ bevat as JOU daaglikse behoefte. 'n Vrou behoort oor die algemeen effens minder kJ in te neem as 'n man (d.i. 6300 kJ vs 8400 kJ) om te kan verslank. Die 6 klein maaltye per dag behoort ook 'n positiewe effek op jou gewig te hê. Maar ek vind dit vreemd dat jy steeds honger is ten spyte van die feit dat jy elke paar uur eet. Dit wil vir my voorkom dat jy dalk insulienweerstandig is. Ek wil dus voorstel dat jy jou dokter vra om jou vir insulienweerstand laat toets. Indien jy wel daaraan ly, sal jy beter gewig verloor op 'n lae-vet, lae-GI (glisemiese indeks) dieet. Dit sal bv beteken dat jy Pronutro heelgraan of All Bran pleks van Weetbix, lae-GI brood pleks van gewone brood, patats pleks van aartappels, en ProVita pleks van 'Cream Crackers' sal eet. Indien jy 'n insulienprobleem het, sal ek ook aanraai dat jy self 'n dieetkundige moet raadpleeg pleks om iemand anders se dieet te volg.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2011/09/21

Beste Helena
Goed om weer van jou te hoor. Hierdie dieet van 1994, behoort wel gewigsverlies te veroorsaak, mits dit minder kJ bevat as JOU daaglikse behoefte. 'n Vrou behoort oor die algemeen effens minder kJ in te neem as 'n man (d.i. 6300 kJ vs 8400 kJ) om te kan verslank. Die 6 klein maaltye per dag behoort ook 'n positiewe effek op jou gewig te hê. Maar ek vind dit vreemd dat jy steeds honger is ten spyte van die feit dat jy elke paar uur eet. Dit wil vir my voorkom dat jy dalk insulienweerstandig is. Ek wil dus voorstel dat jy jou dokter vra om jou vir insulienweerstand laat toets. Indien jy wel daaraan ly, sal jy beter gewig verloor op 'n lae-vet, lae-GI (glisemiese indeks) dieet. Dit sal bv beteken dat jy Pronutro heelgraan of All Bran pleks van Weetbix, lae-GI brood pleks van gewone brood, patats pleks van aartappels, en ProVita pleks van 'Cream Crackers' sal eet. Indien jy 'n insulienprobleem het, sal ek ook aanraai dat jy self 'n dieetkundige moet raadpleeg pleks om iemand anders se dieet te volg.
Sterkte
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement