advertisement
Question
Posted by: Anon | 2011/02/16

11jarige dogter

Hi Doc, my dogter gaan binnekort jong meisie word, wat doen ek as dit gebeur!Ek is al so moeg van wag, want ek is al in afwagting van 2jaar gelede af, omdat so baie kinders in haar klas jong meisie geraak het.Die borsies het al redelike groot knoppies, hare onder die arms, skaamplekke en sy het al vir my, haar pa en 8jarige boetie dit gewys.Haar klasonderwyser is ''n Meneer, maar het 2 jaar gelede vir haar juffrou doekies en ''n pantie gegee en hoop maar dat dit by die skool moet gebeur en nie hier by my nie, maar aan die anderkant kan dit weer vernederend wees vir haar, want sy is ''n baie sensitiewe kind en ook baie kinderlik nog.ekwil nie my kind voor haar tyd laat groot word nie.Het haar ''n boek gelees oor tienerskap,sekere plekke huil sy as ek se van bloed en ander plekke lag sy, want die boek is baie humoristies.Wat die praktiese deel betref weet ek nie wie van ons is meer senuweeagtig nie.Help asb met advies, ek wil nie he dit moet nou gebeur nie,in die anderkant wil ek dit net verby kry, wat is die beste.Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Anon
Hulle begin gewoonlik menstrueer as hulle so 40 kg weeg. Die beste wat jy kan doen is om haar voor te berei (soos jy reeds gedoen het), en 'n ondeurskynende sakkie met die nodige in haar tas te laat hou. Gewoonlik is daar darem 'n waarskuwing van 'n bruinerige afskeiding of bietjie pyn in die sy voor die menstruasie begin, so vra haar om uit te kyk vir dit. Moenie 'n groot "issue" daarvan maak nie, sy moet weet dat dit deel van normale lewe is en nie 'n "siekte" nie. Sien ook http://teens.webmd.com/girls-puberty-10/girls-first-period?page=1
dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Cyberdoc | 2011/02/16

Hallo Anon
Hulle begin gewoonlik menstrueer as hulle so 40 kg weeg. Die beste wat jy kan doen is om haar voor te berei (soos jy reeds gedoen het), en 'n ondeurskynende sakkie met die nodige in haar tas te laat hou. Gewoonlik is daar darem 'n waarskuwing van 'n bruinerige afskeiding of bietjie pyn in die sy voor die menstruasie begin, so vra haar om uit te kyk vir dit. Moenie 'n groot "issue" daarvan maak nie, sy moet weet dat dit deel van normale lewe is en nie 'n "siekte" nie. Sien ook http://teens.webmd.com/girls-puberty-10/girls-first-period?page=1
dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement