Share

Vakansie-dieet: oorleef die verspotte feestyd

Dis weer daardie tyd van die jaar.

Die Kersseisoen word soms die "verspotte feestyd" genoem omdat normale gedrag oorboord gegooi word en mense hulself te buite gaan met al die kos en drank. En as jy daaroor nadink, is dit nogal verspot om maande lank honger te ly sodat jy in 'n bikini kan inpas, net om jouself dan by die Kersbuffet, en vir weke daarna, te buite te gaan.

En dan is daar die enorme hoeveelhede alkohol wat so vrylik gedurende Desember vloei. Dit lei nie net tot die verskriklikste motorongelukke nie, maar ooreis ook die lewer, veroorsaak jig en artritis, en laat die kilogramme inrol, wat veral sleg is vir daardie "bierboep".

Hier is wat jy kan doen om jou swaarverdiende figuur te behou en te verhoed dat jou lewer ingee:

Hou matigheid voor oë

Die belangrikste ding wat jy kan doen om die Kersfees-oordadigheid te demp, is om in alles wat jy doen matigheid voor oë te hou. Drink matige hoeveelhede alkohol, eet matige hoeveelhede kos en kry oefening om die gevolge van al die feesvieringe teë te werk. Plak notas met die woord "matigheid" op die yskas, in die drankkabinet en langs die spieël in jou badkamer.

Hoe om te kul wanneer jy uiteet

Wanneer jy in restaurante uiteet en by daardie spesiale etes wat deur familie en vriende gereël word, het jy 'n paar strategieë nodig om die kilojoule-aanslag wat jou in die gesig staar, te ontwyk.

Eet geroosterde seekos in plaas van rooivleis en los liewer die room- en bottersouse. Vra vir ekstra suurlemoen en varsgemaalde peper. 'n Lekker varsgeroosterde tongvis met suurlemoen en swart peper smaak heerlik en sal jou baie kilojoules spaar.

Vra vir 'n gebakte aartappel in plaas van slaptjips en wees versigtig met die suurroom.

Mik vir die slaaie en laai jou bord met vars blaarslaai, komkommer, tamatie, agurkies en gesnyde vrugte soos spanspek, papaja, kiwivrug en pynappel. Moenie jou slaai in die mayonnaise of seekos-slaaisous verdrink nie. Voeg net 'n bietjie olyfolie en balsamiese asyn by.

Eet vars vrugteslaai of aarbeie vir nagereg, sonder die room en roomys. Los liewer die vrugtetertjies, Kerspoeding en brandewynbotter.

Hoe om te kul met die alkohol

As jy die 29kJ per gram van alkohol wil vermy, hou liewer by sodawater met 'n bietjie suurlemoen, of verdun jou witwyn met yswater.

Wanneer jy wél alkohol gebruik, drink 'n glas water vir elke glas wyn of hardehout. Dit sal nie net die kilojoules afwater nie, maar jy sal die volgende dag 100% beter voel.

Vrugtesap met baie ys is ook 'n goeie manier om 'n babalaas te verhoed, maar onthou dat vrugtesap ook baie kilojoules bevat as jy dit nie met water, ys of sodawater verdun nie.

Kunsmatig versoete koeldranke is ook 'n opsie, alhoewel jy dit ook nie moet oordoen nie. Al die gas mag jou opgeblaas laat voel.

Hoe om die skade te herstel

As jy 'n rowwe nag en/of 'n swaar maaltyd agter die rug het, herstel die skade deur vir 'n dag of twee daarna minder te eet. Konsentreer op vars vrugte en rou groente, laevet joghurt, pasta en volgraan ontbytkos en -brood. Eet vir 'n dag lank geen vis of vleis nie.

Drink baie vloeistowwe soos water, verdunde vrugtesap en afgewaterde Energade om jou lewer te help om te herstel. Neem Essentiale of ProHep, of 'n vitamien- en mineraal-aanvulling om detoksifikasie / detoxification aan te help en drink vir 48 uur net nie-alkoholiese, kafeïenvrye drankies.

Raak aktief. Sodra die babalaas oor is en jy die daglig kan aanskou, kry 'n bietjie oefening. Gaan gym toe, swem 'n paar lengtes, stap vinnig of draf 'n entjie. Kry die bloedsomloop na jou lewer aan die gang en laat jou spiere werk. Kry ekstra suurstof deur diep asem te haal en jy sal dadelik beter voel.

Kry baie slaap. Ons liggame herstel van oordadigheid wanneer ons slaap. Oor Kersfees en Nuwe Jaar slaap die meeste mense nie genoeg nie. Jy kan nie die lewe geniet, 1,000km bestuur of kaatjie van die baan by die volgende partytjie wees as jy soos 'n zombie voel nie. Maak dus seker jy haal verlore slaap in. Drink 'n glas laevet melk voor jy gaan slaap. Die hoë triptofaan-inhoud sal help om jou oorspanne senuwees te kalmeer en slaap te bevorder.

Onthou, die wagwoord is matigheid.

- (Dr. IV van Heerden, DietDoc, hersien November 2009)

Enige vrae? Vra vir DietDoc

Lees verder:

Eet gesond wanneer jy uiteet
Kilojoule-bom in jou drankies

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE