Share

Te veel kaffeïen veroorsaak angstigheid

Verby 'n sekere punt gee koffie jou nie meer 'n hupstoot nie, maar lei eerder tot verlaagde konsentrasie, asook hoër vlakke van senuweeagtigheid en prikkelbaarheid.

Wanneer hierdie afsnypunt bereik is, lei verdere koppies koffie volgens Lucie Nusbaum van die Duitse Vereniging van Voedingkundiges nie tot verbeterde konsentrasie of werkverrigting nie. In plaas daarvan gebeur net mooi die teenoorgestelde, wat 'n duidelike bewys van die verskil tussen koffie en tipiese verslawingsimptome is. Alkoholiste ervaar byvoorbeeld met elke ekstra druppel die gewenste uitwerking van alkohol.

Volgens Nusbaum is hierdie sogenaamde koffieverslawing niks meer as 'n gewoonte nie. Ten spyte van hierdie realiteit ly baie mense aan onttrekkings-hoofpyne as hulle nie hulle daaglikse hoeveelheid koffie drink nie. Koffie gee 'n mens se bloeddruk 'n korttermyn hupstoot, en wanneer hierdie stimulering nie plaasvind nie, kan dit 'n uitwerking op die brein hê.

As mense byvoorbeeld as gevolg van 'n sensitiewe maag koffie wil uitskakel, moet hulle onttrekkingsimptome verwag. "Ek ondervind persoonlik onttrekkings-hoofpyne wat 'n paar dae kan aanhou," verduidelik Nusbaum, wat koffie nie heeltemal wil uitskakel nie.

Sy sê: "Dit is 'n effektiewe manier vir mense met lae bloedsuiker om soggens aan die gang te kom."

'n Koppie in die oggend kan vir sulke mense 'n hupstoot gee wat die hele dag hou, alhoewel die effek in die geval van mense met normale bloeddruk net tussen 10 en 30 minute duur.

Nusbaum sluit af: "Die algemene reël is dat koffie vinnig en redelik kortstondig werk, en dat die uitwerking vinnig afplat." - (Sapa, Julie 2011)

Lees verder:
Koffie mag jig teëwerk
Fassinerende breinfeite

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE