Share

SA die derde vetste nasie op aarde

Suid-Afrikaners is die derde vetste nasie op aarde, volgens die voedseldienste-maatskappy Compass Group Southern Africa.

Volgens 'n opname deur Glaxo SmithKline in 2010, is 61% van die Suid-Afrikaanse bevolking oorgewig of vetsugtig. Dit word weerspieël in 'n studie wat in 2007 deur die Mediese Navorsingsraad gedoen is, wat bevind het dat 56% van volwasse vroue en 29% van volwasse mans oorgewig of vetsugtig is.

Claudine Ryan, 'n geregistreerde dieetkundige (SA) van Compass Group Southern Africa, sê dat vetsugtigheid 'n chroniese mediese toestand is wat deur te veel liggaamsvet veroorsaak word.

"Vetsugtigheid word deur middel van die Liggaamsmassa-indeks (LMI) gediagnoseer. Jy is vetsugtig as jou LMI meer as 29,9 kg/m² is. Jy kan maklik jou eie LMI uitwerk deur jou gewig (in kilogram) deur jou lengte (in meter) te verdeel en dit dan weer met jou lengte te vermenigvuldig. Hoe hoër jou LMI, hoe meer liggaamsvet het jy," sê Ryan.

Dit is wat sy voor Nasionale Vetsugtigheid Week (van 15 – 19 Oktober) gesê het. Nasionale Vetsugtigheid Week beoog om bewustheid oor die impak van vetsugtigheid op Suid-Afrikaners se lewens te verhoog.

Oortollige vet veroorsaak siekte

Vetsugtigheid word gekenmerk deur 'n toename in vetselle en 'n toename in die afskeiding van nadelige stowwe deur groot vetselle, en lei tot 'n aantal gesondheidsprobleme (insluitende slytasie van die gewrigte), wat osteoartritis, diabetes, hipertensie en 'n verkorte lewensverwagting veroorsaak.

"Oor die algemeen word vetsugtigheid deur 'n kombinasie van te veel eet en te min oefening veroorsaak, en ontwikkel oor 'n geruime tyd wanneer daar meer kalorieë ingeneem word as wat verbrand word.

"Genetika speel beslis 'n rol en party mense sit makliker gewig aan as ander. Vetselle produseer ook hormone, wat 'n belangrike rol speel in hoeveel jy eet, hoeveel energie jou liggaam gebruik en hoeveel jy weeg," sê Ryan.

Sy  maan egter dat daar geen maklike manier is om gewigsverlies te bewerkstellig nie, en dat vetsugtigheid oor 'n geruime tyd deur middel van 'n kombinasie van dieet, fisiese aktiwiteit en lewenstyl-veranderinge beheer moet word.

"'n Verandering in gedrag en ingesteldheid is van kardinale belang. Miskien moet ons leer om te eet om te lewe, en nie te lewe om te eet nie," sê sy.

Die Compass Group SA het die volgende lewenstylveranderinge voorgestel:

* Eet elke oggend 'n klein ontbyt om jou metabolisme aan die gang te kry;

* Moenie maaltye uitlaat nie, aangesien dit tot ooreet tydens die volgende maaltyd kan lei;

* Hou maaltye klein en sluit liewer versnaperinge tussen maaltye in;

* Gesonde peuselhappies: 1 hele vrug, 1 koppie vrugteslaai, 1/2 koppie laevet joghurt, 3-6 volgraan kraakbeskuitjies met 'n smeer of laevet maaskaas, 4 koppies springmielies, 'n klein glasie laevet melk, 1 sny rog- of lae-GI brood met 'n smeer;

* Verminder suiker en vette, wat baie leë kalorieë bevat;

* Vervang suikerbelaaide drankies met lae-kalorie drankies soos water, laevet melk, suikervrye koeldrank en suikervrye gegeurde water;

* Gebruik min of geen bygevoegde vette wanneer jy kos voorberei, en gebruik gesonde voorbereidingsmetodes soos rooster, stoom, kook en oondbak. Onthou, 1 teelepel olie bevat byna soveel kalorieë as 1 sny brood;

* Verwyder alle sigbare vet van vleis voordat dit gaargemaak word, bv. hoendervel, en koop maer vleis;

* Vermy ryk souse en slaaisouse;

* Eet net elke nou en dan soetgoed en beperk die hoeveelhede;

* Sluit meer volgraan, vrugte en groente in. Dit bevat baie vesel en laat jou langer versadig voel;

* Hou jou porsie-grootte tydens hoofmaaltye dop. Vul die helfte van jou bord met groente of slaai, 'n kwart met proteïen en 'n kwart met stysel;

* Drink genoeg vloeistof gedurende die dag. Dit vul jou maag en voorkom ontwatering, wat jou aptyt mag stimuleer;

* Doen die meeste dae vir ten minste 30 minute fisiese aktiwiteit. Maklike aktiwiteite sluit in stap, dans en fietsry. - (Zeenat Moorad/I-Net Bridge, Oktober 2011) 

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE