Share

Proteïene: genoeg is goed, maar is meer beter?

Glo jy dat jy groter en beter-gedefinieerde spiere sal kry as jy baie proteïenryke kos met ekstra proteïen-aanvullings eet?

Proteïene / Proteïn is ’n essensiële voedingstof: dit bestaan uit aminosure wat deur jou liggaam gebruik word om jou spiere, rooibloedselle, ensieme en ander weefsel te bou en te herstel.

Maar as jy meer daarvan eet as wat jou liggaam nodig het, word die oortollige proteïene in vet omgesit.

"Meer van 'n goeie ding is nie noodwendig beter nie," sê Rene Smalberger, 'n geregistreerde dieetkundige en President van die Vereniging vir Dieetkunde in Suid-Afrika (Adsa).

Essensiële aminosure

Daar is nege essensiële aminosure wat uit dieetbronne verkry moet word en 11 aminosure wat deur die liggaam self vervaardig kan word. Die volledigheid van jou liggaam se proteïeninhoud word bepaal deur die totale hoeveelheid proteïene in jou dieet, en of ál die essensiële aminosure ingesluit is of nie.

"Mense is dikwels verbaas oor hoe maklik dit eintlik is om die hoeveelheid proteïne wat hulle nodig het, in te kry. Bevolkingstudies in Suid-Afrika dui aan dat inwoners wél genoeg proteïene eet om hulle behoeftes te dek," sê Smalberger.

"Kossoorte soos hoender, vis, melk, vleis en eiers is welbekend vir hulle proteïeninhoud, maar plantkosse dra ook by tot 'n mens se inname van hierdie belangrike voedingstof. Peulvrugte soos droë boontjies, split-ertjies, lensies en soja-produkte is goeie bronne van proteïene," sê sy.

Graanprodukte bevat ook proteïene en omdat hierdie kosse in groot hoeveelhede geëet word, is die totale hoeveelheid proteïene wat ingeneem word redelik hoog.

Metabolisme van proteïene

" 'n Dilemma wat kan ontstaan by die keuse van proteïenryke kossoorte uit dierebronne is dat baie daarvan 'n hoë vetinhoud het, veral versadigde vet. Dit is ongesond om te veel versadigde vet te eet, maar dit is moeilik om die inname daarvan te beperk wanneer hierdie kosse in 'n maaltyd ingesluit is.

"Kies maer opsies van hierdie voedselsoorte, berei dit sonder ekstra vet voor en eet matige porsies. Die grootste gedeelte van 'n maaltyd behoort van plantaardige oorsprong te wees, en die meeste daarvan so ongeprosesseer as moontlik," stel sy voor. 

Smalberger sê dat die metabolisme van proteïene in die liggaam deur baie mense verkeerd verstaan word.

"As jy meer proteïene eet as wat jou liggaam nodig het, sal die res in energie omgesit word, en as jou totale energieinname hoër as jou behoeftes is, sal dit in die liggaam as vet geberg word."

"Spiere word gebou wanneer 'n gebalanseerde dieet geëet word en die regte oefening gedoen word. Ekstra proteïene in die dieet word nie outomaties na die spiere vervoer om oornag 'n 'sespak' te bou nie," voeg Smalberger by.

Vir meer inligting oor voeding en proteïen-inname, kontak 'n geregistreerde dieetkundige by www.adsa.org.za of vra Health24 se DietDoc.

- (Adsa persvrystelling, Health24, Junie 2011)

Lees verder:
Proteïenfeite vir vegetariërs
Proteïene en sportprestasie
Proteïenfeite

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE