Share

Klein aanpassings, groot verskille

Wil jy maerder word sonder om op dieet te gaan? Die goeie nuus is dat 'n paar klein veranderinge aan jou lewe en eetpatroon 'n groot verskil kan maak
Deur MARí HUDSON

As dit by gewigsprobleme en diëte kom, kan die meeste Suid-Afrikaners saamgesels: Volgens die jongste statistiek van die Mediese Navorsingsraad is meer as die helfte van ons oorgewig. Die beste kans om skraal te bly, is om dieetaanpassings te maak wat jy vir die res van jou lewe kan volhou. En moenie vergeet om gereeld flink te gaan stap nie!

Kilojoules in = kilojoules verbrand
Dis die ou-ou storie: Neem meer kilojoules in as wat jy verbrand, en jy sit gewig aan – en andersom. Moet net nie te geesdriftig oor jou dieet wees en meer as een kilo per week verloor nie, want dan kan jou lyf vasskop en aan elke vetselletjie begin vasklou omdat jou brein dink jy is besig om te verhonger.

1. As jy ’n suikertand het, beperk soetighede tot een dag per week.
250ml gebakte poeding bevat sowat 3 603kJ, twee skeppe roomys sowat 2 121kJ en 100g sjokolade sowat 2 310kJ.
Jy spaar minstens 7 200kJ per week as jy net een keer per week gebakte poeding eet pleks van drie keer.
Jou gewig Jy kan byna 1kg per maand verloor.

 2. Bly liefs weg van vleispasteie (daar’s 2 520-2 940kJ in ’n tipiese kafeegrootte-pastei), samoesas en kos wat in vet of olie gebraai word soos kraakskyfies (2 394kJ per 100g), slaptjips (2 587kJ per 200g), diepgebraaide calamari en diepgebraaide hoender of vis (sowat 2 268kJ per 200g). Rooster eerder jou hoender en vis pleks van dit te diepbraai.
Jy spaar sowat 17 500kJ per week as jy voortaan net een keer per week een van bogenoemde eet pleks van elke dag.
Jou gewig Jy kan 2kg of meer per maand afskud.

3. Eet jy daagliks ’n hand vol neute of geelkaas? Beperk dit tot ’n hand vol neute een keer per week, en so min geelkaas as moontlik. 'n Blokkie geelkaas maak net so vet soos 'n ewe groot blokkie sjokolade.
Jy spaar minstens 7 200kJ per week.
Jou gewig Jy kan byna 1kg per maand verloor.

4. Eet ontbyt, maar liefs 'n bord pap of ontbytgraankos met afgeroomde of laevetmelk, laevetjogurt, en twee vrugte pleks van spek, twee gebakte eiers en roosterbrood.
Jy spaar 4 704kJ per week.
Jou gewig Jy kan 0,6-1,2kg per maand verloor.

5. Vervang volroommelk en -jogurt met die laevet- of vetvrye weergawes en alle kase met laevet-maaskaas. Jy het sowatdrie porsies suiwelprodukte per dag nodig (een porsie is 'n glas melk, ’n klein jogurt of twee eetlepels maaskaas) omgenoeg kalsium vir gesonde beendere in te kry.
Jy spaar sowat 5 900kJ per week as jy drie porsies volroomsuiwelprodukte met vetvrye produkte vervang, en 2 600kJ as jy volroomprodukte met laevetprodukte vervang.
Jou gewig Jy kan sonder moeite binne twee maande 'n kilogram verloor as jy vetvrye produkte gebruik en binne vier maande 'n kilogram as jy die laevet-opsie kies.

6. Verwyder die vet van 'n braaitjop en die vel van die hoender.
Jy spaar 4 000kJ per week as jy dit elke dag met jou stukkie vleis doen.
Jou gewig Jy kan 0,5-1kg per maand verloor.

Kilojoule-bomme!
Sommige kosse is gelaai met kilojoules. Hier is 'n paar voorbeelde van klein peuselhappies:

  • 1 hand vol grondbone = 1 680kJ = 150g bief-filet met slaai en 'n laevet-slaaisous.
  • 200g slaptjips berei van 2 aartappels = 2 600kJ = 7-8 middelslag gekookte aartappels.
  • 1 groot pak kraakskyfies = 2 234kJ = 200g geroosterde hoender, rys, groente en slaai.
  • 4 biere = 2 216kJ = 27cm nougat = 4 toebroodjies, elk met 'n sny ham, maaskaas en tamatie.
  • 3 vuurhoutjiedosie-grootte stukkies cheddarkaas = 1 600kJ = 180g brandewyntert = 1½ borde geroosterde calamari en rys.
  • 1 middelslag-samoesa = 1 000kJ = 1 hamburger.

Saamgestel met die hulp van Health24 se DietDoc, die geregistreerde dieetkundige dr. Ingrid van Heerden. Besoek www.health24.com en klik op “Diet“ vir meer inligting oor voeding en dieet.

(Hierdie is 'n geredigeerde weergawe van 'n artikel wat oorspronlik in Huisgenoot-POLS / YOU Pulse verskyn het. Die jongste uitgawe is nou op die rakke.)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE