Die feestyd is 'n seisoen vir leeglê
op die strand, lang ente ry en
laatnagvieringe. Dis helaas ook 'n
tyd vir gans te lekker eet en drink
– tensy jy ons eetwenke volg en die
hele vakansie deur smul sonder om
in Januarie uit jou jeans te bars.
Deur IRENE LABUSCHAGNE van NICUS vir Huisgenoot-POLS
Pak 'n paar gesonde happies in vir 'n dag op die strand, onthaal jou vriende of maak 'n paar onweerstaanbare toebroodjies.
VIR 'N DAG OP DIE STRAND
Pleks van...
- roomys
- pasteie, hamburgers en worsbroodjies
- slaptjips en skyfies
- sjokolade
- gaskoeldrank en versoete, gegeurde water
...Maak 'n paar onweerstaanbare
toebroodjies
Buitekant: Gebruik volkoringbrood, swart rogbrood
(pumpernickel), 'n vrugte-en-saad-brood, of enige brood
met baie pitte, stampkoring en hawermout of hawersemels
– dit het alles 'n lae glisemiese indeks (GI). Wissel af met
Provita – drie is gelyk aan een sny brood.
Binnekant: Gesonde vulsels hoef nie smaakloos te wees
nie. Proe dié opwindende plaasvervangers:
- Pleks van botter of margarien: Meng fyn gekapte groente met laevet-jogurt, of smeer met avokado of grondboontjiebotter (albei mono-onversadigde vette).
- Pleks van cheddar- of goudakaas: Gebruik mozzarella of laevet-Edam – dit sal 50kJ per 30g-wiggie besnoei.
- Pleks van gewone mayonnaise: Verdun laevet-mayonnaise 1:1 met afgeroomde melk – dié eenvoudige stap sal jou 298kJ per eetlepel bespaar.
- Pleks van vetterige vleis: Gebruik maer proteïenbronne soos tuna in pekelwater (nie olie nie), hoender sonder vel (dun gesny), stokvis, gekookte eier of maaskaas.
- En voeg 'n bietjie vars groente soos tamatie, blaarslaai, komkommer en soetrissies daarby.
Pak 'n paar gesonde happies in:
- Wortel- en komkommerstokkies
- droëvrugte (twee of drie stukkies van 30g is gelyk aan een vrug)
- neute (kies ongesoute neute en moenie jou vergryp daaraan nie – agt tot tien neute tel as een porsie)
- vetvrye of laevet-jogurt
- veselryke muffins met 'n lae vetinhoud
- springmielies met warm lug geskiet en geen olie en min sout daarop
OP PAD
Pleks van...
- pasteie
- samoesas
- vetterige peuselgoed
- sjokolade en lekkers
- sout, vetterige wegneemetes
- bruiskoeldranke
....Kies die regte padkos
Pak jou tuisgemaakte
- hoenderbors-pita: Sny die vet van die hoender, maak gaar en kap fyn; meng met blaarslaai, snoeptamaties, soetrissierepe en laevet-slaaisous; sit voor in 'n pitabrood of op 'n volgraanrolletjie
- heerlike frikkadelle met ekstra maer maalvleis en geen bygevoegde vet nie (resep onder)
- superslaai met snoeptamaties, wortelstokkies, piekelkomkommers, komkommers en laevetslaaisous
- snoepverskeidenheid – sluit in gekookte eiers, vars vrugte, veselryke muffins en biltong (klein stukkies sonder sigbare vet)
Maak self: Heilsame, heerlike frikkadelle
Bestanddele
1kg maer maalvleis (meng
500g ekstra maer bees- en
500g volstruismaalvleis)
150ml (55g) hawermout
125ml (½k) water of vetvrye
melk
1 groot ui, gerasper of fyn
gekap
1 klein wortel of Granny Smithappel,
gerasper
1 groot eier
vars pietersielie
65ml tamatiepuree
25ml Worcestersous
sout en peper na smaak
½ t fyn naeltjies
½ t fyn neutmuskaat
1 t fyn gemmer
blatjang na smaak
Metode
Meng al die bestanddele
in 'n groot mengbak.
Rol frikkadelle (sowat
12 grotes of 24 kleintjies).
Pak in 'n groot oondbak
met deksel en bak 30
minute by 180 grade Celsius.
Haal
deksel af en bak nog
30 minute tot bruin.
Hou stil
en koop
dit
Kies die volgende
by kafees en
vulstasiewinkels
- vrugte, jogurt, drinkjogurt
- broodrolletjies
- kaaswiggies
- droëvrugte
- muffins of laevet-gesondheidstafies (Slim Slabs, Snackers, saadstafies, droëvrugtestokkies of -stafies)
- suiglekkers of jellielekkers pleks van sjokolade
Kies die volgende by restaurante, koffiewinkels
of kitskosstalletjies
- helder sop met brood
- slaaie
- gebakte aartappel met maaskaas en slaai
- pasta met tamatiebasis pleks van roomsous
- geroosterde hoender, vis of baie maer rooivleis met slaai, gebakte of gekookte aartappels en groente (Kies hoender of vis as 'n ligter alternatief wanneer jy op reis gaan.)
- vegetariese roerbraai
- geroosterde toebroodjies met groentevulsels – maar vra dat daar nie botter of margarien opgesmeer word nie
Vermy egter...
- romerige souse. Pleks van 'n burger met 'n romerige sampioensous en skyfies, kies eerder 'n Hawaiiese burger met slaai
- diepgebraaide kos. Pleks van krummelhoender, kies 'n geroosterde hoenderburger
- ryk nageregte. Pleks van koek of roomys, kies eerder 'n vars vrugteslaai
BY 'N FEESTELIKE SKEMERPARTY
Pleks van...
...Knibbel aan dié gesonder lekkernye
- vleise – kies klein porsies hoender, frikkadelle en sosaties
- groente – soek uit van die slaai- en vars groenteborde af
- gekookte eiers
- toebroodjies
- gevulde pitabroodjies
- vrugte of droëvrugte
- neute
Pleks van...
- soet mengeldrankies
- wyn, bier en spiritualieë
...Kies
- lae-alkohol-wyn
- ligte bier
- witwyn verdun met sodawater
- hardehout met suikervrye koeldranke of water
(Hierdie is 'n geredigeerde weergawe van 'n artikel wat oorspronlik in Huisgenoot-POLS / YOU Pulse verskyn het. Die jongste uitgawe is nou op die rakke.)