Share

Fitochemikalieë: kragtige beskermers

As jy 'n tipiese Westerse dieet volg, is daar 'n goeie kans dat jy nie genoeg plantvoedsel wat ryk aan fitochemikalieë is, eet nie. Volgens navorsing is die grootste fotochemiese tekort die blou/pers vrugte- en groentekategorie. Is dit ook op jou van toepassing?

Fitochemikalieë is chemiese samestellings wat natuurlik in plante voorkom en ons moontlik teen siektes beskerm. Fitochemikalieë is, om die waarheid te sê, antioksidante wat die reaksies van gevaarlike vrye radikale in die liggaam kan teëwerk.

Vrye radikale word gedurende normale metabolisme gevorm, asook wanneer die liggaam blootgestel word aan stresfaktore soos besoedelaars in die lug, sigaretrook, trans-vetsure, swaar metale in die water, en selfs oormatige oefening.

As hierdie vrye radikale nie teëgewerk word nie, kan hulle uitgebreide skade aan die selle van die liggaam aanrig, en deskundiges glo dat hulle ’n rol speel in die ontwikkeling van degeneratiewe siektes soos hartsiekte, kanker en artritis. Vrye radikale kan ook vroeë veroudering veroorsaak.

Deur plantvoedsel wat ryk aan fotochemikalieë is, te eet, kan jy jou liggaam help om die vernietigende effek van vrye radikale te bestry.

Te min fitochemikalieë in ons dieet

Aangesien fotochemikalieë in die verskillende kleurpigmente van plantvoedsel voorkom, is dit 'n goeie idee om elke dag 'n verskeidenheid plantvoedsel te eet.

Interessant genoeg dui navorsing daarop dat die kleur van vrugte en groente wat ons daagliks eet net so belangrik soos die hoeveelheid is, en dat die meeste van ons waarskynlik nie genoeg fitochemikalieë in ons dieet insluit nie.

Volgens die US Phytonutrient Report (2009) het Amerikaners 'n tekort aan fitochemikalieë in elke kleurkategorie. Bevindings toon: 

  • Die grootste tekort aan fitochemikalieë is in die blou/pers vrugte- en groentekategorie waar 88% van die deelnemers tekort geskiet het.
  • Deelnemers het ietwat beter gevaar met die fitochemikalieë in groen vrugte en groente – maar 69% het nog tekort geskiet.
  • 78% van die deelnemers het te min van die rooi kategorie gekry, 86% van die wit en 79% van die oranje/geel kategorie.

Alhoewel hierdie syfers op die Amerikaanse bevolking van toepassing is, is dit veilig om te sê dat dié van ons wat 'n tipiese Westerse dieet volg, met gemorskos en al, waarskynlik nie genoeg plantvoedsel wat ryk aan fitochemikalië is, eet nie.

Waar kry 'n mens watter fitochemikalieë?

  • Groen vrugte en groente soos spinasie en brokkoli bevat fitochemikalieë soos isotiosianaat, luteïen, zeaxantien en isoflavone.
  • Rooi vrugte en groente soos tamaties en granate bevat fotochemikalieë soos likopien en ellagiese suur.
  • Wit vrugte en groente soos knoffel en appels bevat allisien en kwersitien.
  • Pers/blou vrugte en groente soos kool, beet en swart druiwe bevat resveratrol.
  • Geel/oranje vrugte en groente soos pampoen en wortels bevat alfa-arotien, hesperitien en beta-kriptoxantien.

Deskundiges stem saam dat ons almal elke dag ten minste vyf bedienings vrugte en groente moet eet. Eet elke dag in die middel van die oggend en middag 'n vrug as 'n versnapering en maak seker jy kry drie porsies groente vir middag- en aandete. En onthou ook om jou bord so kleurvol as moontlik te maak.  

(Carine Visagie van Health24 & HealthDay News, hersien Oktober 2011)

 Lees verder:

Vrye radikale en chroniese siekte
Top 10 bronne van antioksidante
Vrugte en groente: super-kos

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE